BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 250

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Die wil van God - Menslike wil - Vrye wil 4445 Die wêreldgebeure sal sy gang gaan soos wat sedert ewigheid besluit is. Dit wil sê dat die menslike wil weliswaar die verloop bepaal, maar die uitwerking van dit wat deur menslike wil aan die gang gesit word, sal steeds ooreenstem met My wil, dus sal dit op een of ander manier dien tot positiewe ontwikkeling van die mense, indien hulle die gebeure op die regte manier benut. So kan die bedoeling van die mense wel totaal indruis teen My wil, maar as Ek iets toelaat, verbind Ek ook 'n doel daaraan. Gevolglik stem elke gebeurtenis ooreen met My plan van ewigheid, omdat Ek sedert ewigheid op hoogte is van die mense se wil, van hul gedagtes en dade en daarom kan elkeen vryelik wil en handel, hulle word dus geensins voorgeskryf oor wat hulle mag en nie mag doen nie. Die feit dat Ek op die hoogte is van hul doen en late is geen bewys dat Ek gedwonge inwerk op die mense se wil nie. Dit staan hulle vry om te doen wat hulle wil, maar die gevolg van hul dade is ondergeskik aan My Wil. So sal die mense in die eindtyd dinge volbring wat kenmerkend is van hul materiële gees. Hulle sal hul aardse lewe wil verbeter, sodat dit hulle genot kan verskaf, en daarom dade verrig wat egter die teendeel tot gevolg sal hê, omdat Ek dit so wil, omdat Ek weet dat die bereiking van hul planne slegs 'n algehele geestelike agteruitgang sal beteken. Ek dwarsboom dus hul bedoelings deur indirek rypheid aan hul siele te gee, alhoewel weinig dit insien en hulle wat op hoogte is van My plan van ewigheid en in alles My leiding sien, maar klein is. Mense sal gedurende die eindtyd meer as ooit dink dat hulle diegene is wat deur hul wil die lotsbestemming van volke bestuur, en tog is hulle slegs die figurante in die spel. Hulle word deur My regeer, maar steeds met inagneming van hul vrye wil, wat Ek nooit sal aantas nie, ter wille van die mense self. Wanneer daar dus 'n daad deur mense verrig word wat nie die liefde as beweegrede het nie, wanneer daar wêreldse voordele nagestreef word, wanneer hulle sondig teen die Christelike naasteliefde, of hulself in haat of liefdeloosheid teenoor die medemens uiter, dan verhinder Ek hierdie handelinge nie. Ek laat die mense hul vrye wil toe, maar Ek eis ook verantwoording van hulle vir elke daad of elke gedagte wat die medemens op een of ander wyse skaad. Of hulle planne egter uitgevoer sal word volgens hul wense, hang geheel en al van My Wil af. Wat daar nou ookal geskied sal steeds die strewende mens geleentheid bied om die weg na My te vind, om My te herken en met My in verbinding te tree. So sal ook die onderwêreld My kan dien, dit wil sê, hulle sal nie kan verhoed dat My Wil geskied nie en sal gevolglik onwillig slegs daartoe bydra dat My plan van ewigheid uitgevoer sal word wat die verlossing van die gees as doel het. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205