BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 182

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Geregtigheid - Gelyke regte - Wedersydse liefde 4131 Selfs die gevoel van geregtigheid is onderhewig aan 'n wet. Dit kan beslis baie vermeerder word, nietemin, in gevalle met betrekking tot gelyke regte, moet dit beperk wees. Dit moet altyd in ag geneem word dat beide gee en neem, eerstens onderhewig is aan die gebod van liefde. Gee word bepaal deur liefde, vir sovêr liefde die dryfkrag moet wees van gee, en dus moet elke gawe liefde aanwakker in die ontvanger. Liefde is die kern van alles wat sigbaar is vir die mens, net soos dit aanhoudend moet vloei na al die werke van die skepping as dit moet bly bestaan. Gevolglik vereis dit die krag van liefde as die geskenk liefde moet aanwakker en die krag in homself verhoog. Gee is die bewys van liefde, maar die ontvangs kan plaasvind sonder liefde, in welke geval dit oneffektief sal bly, tensy die ontvanger vrywillig geestelike gawes van bo ontvang, wat weer na bo lei. Aardse gawes kan net 'n aardse uitwerking hê, dit is, die gewer moet in ag neem dat sy gawe wel aanvaar sal word, maar nie anders gewaardeer word as 'n geskenk nie, en daarom min of geen liefde in ruil wek nie, wat as 'n geestelike mislukking beskou kan word. In daardie geval is slegs die gewer se wil van belang, maar nie die daad self nie. Die mate van liefde wat maak dat 'n persoon gee, is altyd die beslissende faktor, dit is hoekom gee nie veralgemeen kan word nie, aangesien die mate van liefde nie altyd dieselfde is teenoor alle mense nie. Die mens moet eerder selfkritiek beoefen, anders sal hy sy optrede beskou as ’n daad van liefde, wat slegs die resultate van opvoeding of gewoontes is en dus nie die dryfkrag van liefde vir 'n ander persoon is nie. Laasgenoemde optrede van mense is sonder twyfel prysenswaardig en behoort dus nie op te hou nie; maar elke daad wat deur liefde uitgevoer word, het ewigheidswaarde, want dit lei tot die siel se hoër volwassenheid. Dade van liefde verhoog die mensdom se geestelike toestand op aarde. Dade van geregtigheid gaan beslis hand aan hand met liefde, maar word oor die algemeen net gedryf deur ‘n gevoel van bedagsaamheid, wat outomaties uitgevoer kan word sonder dat die hart daarby betrokke is en volg dus nie die persoon as 'n daad van liefde in die ewigheid nie. Om korrek te dink en korrek op te tree word van mense verwag, want die teendeel het nadelige uitwerking op die medemens en is dus onvriendelikheid, dit is 'n skending van die gebod van liefde. Gevolglik kan, om reg te dink en reg op te tree, beskou word as die vervulling van die gebod van liefde. Geregtigheid moet nie altyd verstaan word as gelyke regte nie. omdat absolute gelykheid nie altyd en van alle mense verwag kan word nie. Selfs hier is wette van toepassing wat onderhewig is aan God se wil. Die mens moet beslis versigtig wees om homself nie te hoog te waardeer nie, hy moet nie aanspraak maak op meer as wat hy bereid is om te gee nie, hy moet aan 'n ander persoon gee wat hy self wenslik ag, maar die wil moet vry bly, dit moet nie met geweld in ‘n rigting gedwing word, wat egter die geval is as die rede vir gee 'n formaliteit is waaraan 'n persoon voldoen nie. Daarom moet julle ernstig ondersoek watter gevoel julle dring om julle wil om te gee, in aksie bring. Moenie tevrede wees met 'n korrekte optrede waarvan alle warmte ontbreek nie, maar volg die aandrang van julle hart, dan sal julle beheer word deur liefde en elke gedagte, bedoeling en aksie, sal goed wees. In gevalle van nood moet julle regverdig optree, wanneer dit nie net een persoon is wat van julle hulp afhanklik is nie, maar dit oral nodig is. Moet dit nie van een persoon weerhou terwyl julle dit aan ‘n ander gee nie, maar wend 'n poging aan om dit oordeelkundig en regverdig te versprei. Gee vreugde waar julle kan en probeer om nie 'n angstige limiet te hou nie, want dit onderdruk liefde, dit wakker nie wedersydse liefde aan nie, en waar liefde ontbreek, daar is geen geestelike vooruitgang nie, selfs al het julle effektief aardse orde geskep. Goddelike orde moet eers vervul word, en volgens Goddelike wet kom liefde eerste. Waar dit waargeneem word, sal al die ander goeie eienskappe volg, en dit sluit geregtigheid in. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205