BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 251

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Versameling van geestelike goed op aarde - Berou in die hiernamaals 4455 Wie op aarde geen geestelike skatte versamel het nie, sal tot die armste behoort in die geesteryk en ook heeltemal leeg ingaan deur die poort tot die hiernamaals. Ek wil julle van so ‘n lot behoed, omdat julle die bitterste berou sal ervaar wanneer julle sal terugkyk en die baie geleenthede besef wat julle onbenut gelaat het. Die armoede in die geesteryk is so neerdrukkend en hopeloos dat dit julle sal kwel en julle heeltemal wil verlam, sodat julle baie moeilik uit hierdie toestand van ellende bevry sal kan word. Tog is dit op aarde so maklik om in besit van geestelike goed te kom, as julle maar net aan My dink en verlang om met My te praat. Want die verlange verseker julle van die toevoer van My Woord in verskillende vorme. Julle sal gelei word na waar julle My Woord kan ontvang, as julle dit nie van My deur julle gedagtes kan ontvang nie, d.w.s. in julle gedagtes My stem herken nie. Dit is egter verseker dat julle ‘n innerlik drang sal ervaar om werksaam te wees in die liefde, sodra julle in gedagtes met My in verbinding tree, dus My probeer bereik. Ek laat My hoor deur julle tot liefde aan te spoor, omdat Ek dan eers heeltemal met julle in verbinding kan tree. Ten eerste probeer Ek julle tot werke van liefde aanspoor en doen dit direk deur die innerlike stem of deur aanwysings en aansporing van buite af, deur verkondigers van My woord, wat slegs die liefde preek. Luister na hulle en gee gehoor aan die woord wat van My uitgaan, dan sal julle vir julleself ook geestelike skatte versamel en so ‘n rykdom verwerf, wat julle s’n sal bly tot in ewigheid, wat nóg op aarde, nóg in die hiernamaals van julle afgeneem kan word en wat steeds sal vermeerder, selfs as julle voortdurend daarvan uitdeel. Om met hierdie goedere geseënd die ewige ryk binne te gaan moet waarlik julle hoogste strewe wees, want dit sal julle ‘n ewige lewe verseker, ‘n lewe van werk in die geesteryk wat slegs gelukkig genoem kan word en wat deur julle as bomate weldadig ondervind sal word. Wie egter heeltemal leeg ingaan, sal baie moeilik geestelike besittings in die hiernamaals verkry, alhoewel dit nie heeltemal hopeloos is nie. Want ook daar word die evangelie aan die siele gepredik. Net soos op die aarde staan dit hulle vry om dit aan te neem en hang die aanneem daarvan slegs van die wil af, wat egter buitengewoon verswak is, en sonder die hulp wat verkry moet word deur die toevoer van krag, ook nie reg kan besluit nie. Ook hierdie toevoer van krag is afhanklik van die wil van die siel om dit te benut om in liefde te werk, of van die liefdevolle voorbede van ‘n mens. Om hierdie rede kan julle mense julle nie genoeg oor hierdie arme siele, wat julle hulp so dringend nodig het, ontferm nie, omdat hulle op aarde versuim het om geestelike skatte te versamel, wat hul toestand in die hiernamaals salig sou maak. Hulle nood is groot, maar die mense luister nie na My Woord nie, hulle glo nie en gaan daarom arm en met ‘n verduisterde gees die ryk hierna binne. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205