BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 420

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Groot droefheid vóór die einde 4883 Die mensdom sal in groot droefheid beland, waar hulle ookal mag wees, wanneer die laaste nood aanbreek wat die einde sal voorafgaan. Elke nasie sal leed en verdrukking ervaar, gedeeltelik veroorsaak deur die menslike wil en gedeeltelik deur die invloed van die natuur, of deur noodlottige gebeurtenisse. Maar oral sal die mense geleentheid hê om hulleself in diens van naasteliefde te stel. Want oral waar nood is, kan dit versag word deur mense, wat deur hulle liefde wil en kan help. Alle mense sal deur leed getref word, uitgesonderd hulle wat krag van benede ontvang, wie se harte so verhard sal wees dat hulle vir die teenstander van God geval het en wie met buitengewone mate deur hom gebruik sal word. Die kontras tussen die goeie en die bose sal oral sterk na vore kom en sodoende sal ‘n geestelike stryd ook oral gevoer word vir die siele van die mense, voordat die einde sal kom. Daarom sal die eindtyd, deur geestelike invloed, alle neigings in die mense opwek en sowel die goeie asook die bose sal ooglopend merkbaar wees. En daardeur sal ‘n duidelike skeiding te siene wees, want die goeies sal hulle van die boses afsonder en tog in haat vervolg word, waardeur die verdrukking van die goeie, dus die op God gerigte mense, steeds groter sal word. Dit sal ‘n buitengewone groot nood beteken. Die woorde van sieners en profete wat hierdie droefnis aankondig het voor die eindtyd, sal oral toepassing vind. Slegs die beweegredes vir die droefnis sal nie oral dieselfde wees nie. Maar oral sal hulle die geeste skei en daaraan sal die tyd van die einde herkenbaar wees. Die aarde en die geesteryk sal die doel van die strewe van die mense wees. En wie die wêreld met haar goedere vir hulle as doel stel, sal vir die geesteryk verlore wees, want hulle huldig die wêreld en dus ook hom wat die wêreld regeer en dit sal merendeels van die mense wees wat hul blikke na die wêreld gerig hou, want die geesteryk het maar weinig aanhangers. Dit is maar ‘n kleine kudde gemeet aan die hele mensdom, wat bewustelik of onbewustelik na God streef, naamlik die wat van goeie wil is en die bose verafsku. Daarom sal die aantal mense wat na geestesrykdom streef, steeds kleiner word. Hulle sal deur hulle medemens bespot en uitgelag word totdat die duiwelse in die mensdom deurbreek en die duiwelse sodanig tot uiting kom, dat mense vyandig sal optree teen almal wat aan God getrou bly en standvastig in die geloof is. En dan begin ‘n droefnis soos wat die wêreld nog nooit tevore beleef het nie. Oral sal die bose die oorhand kry en die goeie sal onderdruk word, oral sal die bose swelg en die goeie gebrek ly. En ten laaste sal ook die lewe in gevaar wees van hulle wat aan God getrou sal bly, want hulle sal geen goeie beskerming hê nie, omdat die mense die wette sal verander. Die reg sal nie meer aangeneem word nie, slegs die mag van die sterkste sal daarom nog geld en hierdie mag is by hulle wat hulleself deur hulle gesindheid aan Satan gewy het. Vir die tydelike lewe sal hulle deur hom begunstig word, want daarvoor verkoop hulle hulle siele aan hom. Hulle maak hulle daardeur tot meesters oor die swakkes, van wie hulle alles sal ontneem wat hulle aards nodig het, want “hulle sal deur Satan aangepor word om al hierdie bose dade te doen”. Die droefnis sal so ‘n omvang aanneem, dat die gelowiges ’n buitengewone kragtoevoer nodig sal hê en ook sal verkry, sodat hulle nie sal beswyk in die laaste stryd nie, wat egter maar ‘n kort tydjie sal duur. Want dit sal verkort word terwille van die weinige uitverkorenes, sodat hulle nie swak sal word deur die aansien van die ellende in eie geledere, sowel as die luukse lewe vanuit die kringe van die teenstander nie. Want dan sal daar vir hulle verlossing van Bo kom, soos wat dit verkondig is. Dan sal die Heer Self kom in die wolke en redding bring aan almal wat aan Hom getrou gebly het. Dan sal die droefnis beëindig word en ‘n nuwe lewe op aarde sal begin. Die getroues van God sal hulle loon ontvang, net soos wat die kinders van Satan gestraf sal word. - Want die regverdigheid van God verlang vereffening. En dit sal dus gebeur soos geskryf staan, God neem Syne na Hom toe en plaas hulle in ‘n Ryk van vrede. Hy sal ‘n streng oordeel oor alle sondaars hou en hulle sal ontvang wat hulle verdien. En die nood op aarde sal tot ’n einde kom. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205