BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 502

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Jesus se lyding 5092 Jesus se lyding aan die kruis kan nie eens naastenby verstaanbaar gemaak word vir mense op aarde nie, want in hul onvolmaaktheid kan hulle nie verstaan wat dit beteken vir 'n volmaakte mens om die slagoffer te word van sonde nie, want die mense se boosheid het effektief geseëvier oor Hom wat geen leed berokken het nie. Die Ligsiel van die mens Jesus, het gehuiwer vir die gedrogte van die hel, maar het Haarself nie verweer nie. Sy het alles met Haar laat gebeur, maar afgryse het Haar vervul oor soveel vuilheid en boosaardigheid van die mense. Sy het onbeskryflik gely, selfs baie meer as die liggaam, deur dit wat Haar aangedoen is. Die Siel het Haar in duisternis bevind en Haar lig het die duisternis nie verdra nie; nogtans het Sy nie hiervoor gevlug nie, omdat Sy die beker tot op die laaste druppel wou ledig om die mensdom te verlos. Sy het afgesien van Haar lig, andersins kon daar nie met Haar gebeur wat die liefde van die mens Jesus wou laat gebeur nie, naamlik om aan God 'n offer te bied vir die sondes van die mensdom. Sy het Haar lig dus werkeloos laat word en het Haarself te midde van die duisternis bevind wat haar bomatig gekwel en beangs het, wat Haar leed nog duisendvoudig versterk het, want die kwellinge van die Siel het die liggaamlike lyding oortref, wat slegs deur 'n volmaakte mens verstaan kan word. Maar Jesus was volmaak, soos wat Sy Vader in die hemel volmaak is, en tog nog op die aarde te midde van die sonde. Sy ryk was die ligryk. Die aarde was die ryk van satan en in hierdie ryk het die Siel van die lig Haarself geweld laat aandoen. En 'n matelose afgryse het Haar vervul, die reinste en helderste Wese wat ooit op die aarde geleef het. Sy moes Haar laat aanraak deur hande wat gruwels aan Haar gedoen het, omdat hulle uit die hel na Haar uitgestrek het en Haar vasgegryp het. Sy moes woorde aanhoor wat Haar ten diepste gekwets het. Sy was in 'n sekere sin afgeskei van Haar wêreld en sonder beskerming aan die duisternis oorgelewer, wat wel sedert ewigheid Haar eie wil was om die verlossingswerk te volbring, maar daarom nie minder vreeslik nie. Want Sy was tot uitputting toe bang gemaak en gepynig. Daarom het Jesus hierdie woorde geslaak: "My God, My God, waarom het U My verlaat". Op hierdie oomblik het Sy (die Siel van Jesus) niks meer geweet van Haar missie nie. Sy het slegs die skeiding van God gevoel, van die Lig waarna Sy vuriglik verlang het en waarna Sy in Haar nood geroep het. Dit was die mees onmenslike wat 'n mens ooit op aarde moes verduur het, omdat nie net die lyding van die liggaam deur Hom verdra moes word nie, maar omdat die Siel aansienlik meer gely het, waarvan die mensdom geen begrip het nie. En daarom sal ook geen mens, al sou hy ook nog hoe swaar moet ly, hierdie vlak bereik wat die mens Jesus verdra het nie, Wie al lank tevore daarvan op die hoogte was en in Sy menslikheid gebid het: "Vader, laat hierdie beker by My verbygaan - nogtans nie My wil nie, maar laat U wil geskied". Dit was ook tegelyk die wil van Sy Siel Wie Haarself geheel aan God onderwerp het om die verlossingswerk te volbring. En Sy het Haar volgens Haar lot geskik, want die liefde vir die lydende mensdom was oorgroot, soos wat ook die sondeskuld egter so groot was, sodat slegs uiterste kwellinge en lyding as soenoffer kon geld, wat die mens Jesus daarom aangebied het. Maar die omvang van die lyding was onmeetlik, soos wat ook Sy liefde onmeetlik was, wat al die leed van die liggaam en die Siel op Homself geneem het om die mensdom te verlos van die ewige dood. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205