BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 265

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Verklaring op die teenwerping: Daar bestaan geen God wat dié gebeure toelaat nie 4501 My heerskappy en werksaamheid sal steeds onbegryplik bly vir die mense wat nie met My verbonde is nie, want Ek kan nie aan hulle die beweegredes uiteensit wat My daartoe bring om die mense hulle gang te laat gaan wanneer hulle wil sondig nie. Alles wat Ek doen, alles wat Ek agterweë laat of verhinder, het sy rede wat julle mense nie weet nie en ook nie sonder ‘n verklaring sal begryp nie. Ek kan slegs maar die uitleg onder bepaalde voorwaardes gee, soos trouens alles wat gebeur aangepas is by die ewige ordening, waarvan Ek die Wetgewer is Ek sou die mense wel kon verhinder om slegte dade te verrig, Ek sou hulle kon straf of hulle tot stom knegte van geregtigheid maak, maar dan sal hulle wil nie vry gewees het nie, hulle sou nie in staat gewees het om self te wil en ook nie om self te kan handel nie en hulle sou dan nooit meer volmaak kon word nie, d.w.s. ondanks die moontlikheid om sleg te wees, die goeie te kies en gevolglik blyke te gee van die wil wat na My toe gewend moet wees. Ek laat die drifte van die mense dus sy vrye loop neem. Dat die mensdom homself nou vir ‘n eindelose lang tyd oorwegend laat saamsleep het om boos te handel, wat ‘n duiwelse invloed verraai, is maar net die bewys daarvoor dat die hele mensdom die vrye wil sleg gebruik, dat hulle dus die moontlikheid om hulself na die goeie te keer, nie benut nie en dus teen My wet van die ewige ordening ingaan. Ek sal dit egter tog doen en eers halt roep wanneer die maat van boosheid sy grens bereik het, as daar geen moontlikheid meer bestaan dat die mense wil verander nie, dat hulle wil nog ‘n ander rigting gegee kan word, dat hulle hulself na My, dus na die goeie, wil keer. Solank die moontlikheid egter bestaan dat enigiemand hom kan besin, dat hy bewus kan word van die doel van sy lewe op aarde, laat Ek dit toe wat mense in hulle haat en liefdeloosheid wil uitvoer, sodat hulle deur die uitwerking van hulle handelinge die bose kan insien en leer om dit te verafsku, sodat hulle vrywillig kan verander. Bowendien het die tyd aangebreek waarin die Satan groot mag sal hê. Nie dat hy My Mag en Krag oortref nie, maar veeleer ook dat sy laaste tyd aangebreek het, wat hy gebruik om sy ryk en sy mag te vergroot, omdat hy weet dat hy nog maar weinig tyd oor het, maar in sy geestelike duisternis en arrogansie glo hy dat hy My van die troon kan afstoot. Wie nie op hoogte is van die allereerste begin en einddoel van alles wat geestelik is nie, van My verlossingsplan van die ewigheid af, van die sin en die doel van die skepping en die sin en die doel van die lewe op aarde nie, hy sal ook die gedagte aan ‘n sterk teenstander van My as absurd beskou, maar hy kan glo dat tweërlei kragte met mekaar in stryd is, dat goeie en bose kragte stry om die opperheerskappy, dat die kragte nou altyd aan ‘n sterk wil onderworpe is, dat die wil van oudsher slegs van een Wese uitgaan. Wat hy die Wese noem, maak nie saak nie, dog hulle (die kragte) is werksaam in die oneindigheid, ofskoon hulle arbeidsveld totaal verskillend is en onbegrens deur My en binne perke gehou word deur My teenstander, wat ook ondanks sy mag van My Wil afhanklik is. Dat daar ‘n stryd gevoer word tussen goed en kwaad is duidelik; waarom dit gevoer word kan slegs aan die geestelik gewekte, die mens wat sterk na die waarheid verlang, begryplik gemaak word, maar hy kan te alle tye ‘n volkome ware verklaring bekom wat hom sal oortuig, as hy daarna streef en My daarom vra. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205