BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 82

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Satan se slawerny 3799 Julle sal deur Satan verkneg wees solank as wat julle hom nie sal weerstaan en beveg nie, wat julle in staat is om suksesvol te doen indien julle bereid sal wees om julleself te bevry uit sy slawerny. Hy is My teenstander, hy probeer om te kry wat deur My Krag ontstaan het, wat aan My behoort het sedert ewigheid. Ek veg ook vir hierdie geestelike substansie, maar Ek laat dit aan die siel self oor wie sy wil erken. Ek verhoed nie dat die siel na My teenstander strewe nie, Ek konfronteer haar net met My Liefde, ten einde haar begeerte op te wek om uit eie beweging na My te keer. Wie egter vry wil wees van hom, wie na My sal streef, sal onfeilbaar deur My geneem en nader aan My getrek word, en daarom sal elke geveg teen My teenstander, elke wil om van hom te skei, suksesvol wees, want nou sal Ek saam met die persoon veg, Ek sal aan sy kant staan en die vyand sal verslaan word, want die persoon se wil het My gekies. Voorheen was die mens gevange gehou, sy siel was onderdruk, sy het aan Satan se wil voldoen, want hy is die heer aan wie sy [die siel] vrywillig onderdanig was. Elke ambisie van Satan is in stryd met My ewige orde. Daarom kan die mens wat deur hom verkneg is, ook nie in orde leef nie, tensy hy 'n wêreldse orde stig ten einde sy wêreldse welstand te verseker met die hulp van die krag van onder af, terwyl sy siel in die donkerste wanorde sal leef, heeltemal sonder liefde en dus geheel en al sonder krag van My. Vir so lank as wat die mens nog op die aarde leef, sal Satan probeer om hom te verlei met aardse besittings en hom ook vervulling gee, so gou as wat die persoon aan sy wil voldoen, so gou as wat sy ongevoeligheid sy affiliasie met Satan bewys. Hy is 'n dienaar van die een wat hom skynbaar aards bevoordeel, want hy sal hom in die uiterste duisternis intrek sodra hy sy fisiese vorm verlaat, en sy siel sal bitter nood ly. Tog word hy nie onregverdig behandel nie, siende dat hy op aarde ook sy besluit vir My kon gemaak het, want Ek het hom dikwels benader en gewaarsku en daaraan herinner, en het probeer om hom na My toe te trek. Die wil is egter die deurslaggewende faktor en wanneer hy na My neig, sal Ek die siel die krag gee om haarself te bevry van hierdie mag, want My Krag is groot, maar dit vereis die mens se wil. Elke mens is in staat om te wil hê dat Ek hom aangryp, elke mens is in staat om sy wil op die regte manier te gebruik, omdat My teenstander nie die wil kan dwing nie, want Ek het hierdie krag deur My kruisiging oorwin. Gevolglik moet die mens My erken as Verlosser van die wêreld en 'n beroep op My doen ter versterking van sy wil, ter wille van Jesus, en My teenstander sal sy mag oor hom verloor het. Enigiemand wat My egter heeltemal verwerp, sal voortgaan om in akute slawerny te lewe en sal dit baie moeilik vind om homself daarvan vry te maak, maar Ek sal ook vir hierdie siele veg. Weer en weer het Ek hulle benader in die Woord en hulle verwys na My Verlossingsdaad, want Ek wil hulle wen en sal dit ook eendag bereik, al neem dit ook 'n oneindige tyd totdat hierdie wese se wil uit eie beweging na My sal keer. Maar verlossing uit Satan se slawerny kan egter nie plaasvind buite My ewige orde nie, en daarom moet die mens se wil My uit eie beweging kies, en dan sal hy alle bystand ontvang, en hy sal vry word. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205