BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 509

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

My skape herken My stem 5114 Ek het na Myne toe gekom, maar hulle het My nie aangeneem nie, want hulle het My nie herken nie. Baie selde herken die mense My wanneer Ek hulle pad kruis en daarom neem hulle My gawes ook nie aan as ‘n goddelike geskenk nie, of hulle ag dit gering. Ek wil egter deur die mense herken word, sodat hulle ook My genadegawes op die korrekte wyse kan benut en aanwend tot verlossing van hulle siele. Hoe dikwels klop Ek tevergeefs aan die “deur” van die mensehart, maar dit bly geslote vir Hom wat hulle die beste kan bring en wat vir hulle ‘n geskenk van onskatbare waarde wil aanbied. Maar hulle verleen geen toegang aan My nie en wil My nie hoor nie en so wys hulle die Kosbaarste af, ofskoon hulle My dringend nodig het. Ek kom na Myne toe, maar hulle neem My nie aan nie, want hulle herken My nie! Baie wil deel van Myne wees. Hulle dink dat hulle aan My “kerk” behoort en tog herken hulle nie My stem as Ek hulle soos ‘n goeie Herder wil versamel, wanneer Ek hulle lok en roep nie. Hulle herken nie My stem nie en bly daarom vêr van My af, maar My skape herken My stem as die stem van hulle Herder, omdat die woorde van liefde wat Ek vanuit die hoogte tot hulle spreek, hulle harte oopmaak om My te laat binnekom wanneer Ek dit verlang. Slegs weinig herken My, ofskoon almal hiertoe in staat sou wees, as hulle maar bereid was om hulle Vader van ewigheid te soek, want Ek sou My sekerlik deur hulle laat vind het. Hulle verlange na My is egter te gering en daarom herken hulle ook nie My stem nie, die bewys van Myself, ‘n sigbare teken van My Liefde vir die mense. En wanneer hul medemens My Woord tot hulle wil bring, dan ontbreek dit hulle aan geloof en insig vir My Liefde en barmhartigheid wat aan hulle ‘n hulpmiddel wil skenk sodat hulle al op aarde hulle doel kan bereik om hulself met My te verenig deur die liefde. Hoe verstandig is dit egter vir die van My wat My tot hulle laat spreek en dit wat hulle van My af ontvang, ook ooreenkomstig My wil in praktyk bring. Tot hulle kan Ek kom en aan hulle kan Ek My openbaar, want hulle sal nie meer aan My twyfel nie. Hulle neem My op in hulle “harte woning” en hulle sal ook daartoe in staat wees om My Woord regstreeks te verneem. Hulle sal My Woord ernstig in hulle harte oorweeg en dienooreenkomstig ook volgens My wil handel. Hulle sal ook die woorde verstaan wat Ek eens op aarde gespreek het, naamlik dat My ryk nie van hierdie wêreld is nie, maar innerlik bestaan in die harte van My kinders. En My “kinders” sien My ook as hulle Vader wat na Syne toe wil kom, maar Wie nie deur die meeste mense herken word nie, omdat hulle sonder liefde lewe. Maar wie ooreenkomstig My Woorde handel, sal ook die liefde in homself hê en sal ook daardeur tot insig kom en hy sal My oproep met vreugde en blydskap volg, omdat hy My herken het. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205