BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 510

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Geloofstryd – Vervulling van die beloftes 5115 Julle sal julleself moet staande hou teenoor die wêreld, wat hulle teen julle sal draai en julle sal vervolg. En daarom het die tyd van stryd gekom wat Ek vir julle aangekondig het en wat ook die laaste fase sal inlei voor die einde. Julle sal geen hulp van die kant van die wêreld verkry nie, want die wat julle wil help, sal te swak wees en die sterkes sal teen julle wees. Tog het julle ‘n beskerming waarop julle julleself sal kan verlaat, want Ek sal self by julle wees en sal julle krag gee om te volhard in die moeilikste stryd. En wie My maar net sal aanroep, sal My teenwoordigheid ook ondervind, want Ek sal Myne nie verlaat nie. Wel laat Ek toe dat die mense strydend teenoor mekaar sal staan, want hierdie laaste geloofstryd moet duidelik wees, omdat die geeste hulle sal moet skei en omdat ‘n skeiding moet plaasvind tussen diegene wat aan My behoort en hulle wat aan die teenstander behoort. Ook die laastes, wat tot nou toe ‘n openlike belydenis vermy het, as gevolg van swak geloof of vrees, moet hulle nog uitspreek. Hulle moet hulself nog versterk met die geloofskrag van Myne, indien hulle nie heeltemal wil ondergaan terwille van aardse voordeel nie, want Myne sal alles moet opgee terwille van hulle geloof. Dit sal ‘n beslissing wees wat net die sielelewe van elkeen persoonlik sal raak, maar wat daarom veelbetekenend sal wees, omdat die beslissing ook sy uitwerking sal hê op die aardse lewe en daarom sal baie mense skipbreuk ly. Want wie die wêreld nog steeds so hoog sal ag en die aardse lewe sal liefhê, wie nog steeds aan die liggaamlike welsyn soveel aandag sal skenk, sal nouliks kan standhou, omdat alles van hom opgeëis sal word indien hy dit nie vir die geloof in My en My verlossingswerk sal opgee nie. Vele sal van die geloof afvallig raak, omdat hulle My openlik sal moet bely. Wie egter die waarheid besit en wie se insig gegroei het, wie deur ‘n lewe in liefde My krag in hulle sal hê, sal trou aan My bly tot die einde toe. Hy sal My blymoedig bely en sal spreek vir My. Hulle sal ook nog diegene oortuig wat swak van geloof sal wees, maar wie van goeie wil is. En ondanks die groot verdrukking vanaf die kant van die vyande, sal hy nie so bewus wees van die nood nie, want Ek sal hom bystaan en sal hom voorsien van alles wat hy sal nodig hê vir liggaam en siel. Wie heeltemal op My sal vertrou, vir hom kan die maatreëls van die vyande nie verontrus nie. Want wat deur hulle van hom afgeneem sal word, sal Ek in ‘n ander vorm aan hom teruggee. Maar altyd op die wyse dat hy sal lewe, solank as wat Ek hom nog op hierdie aarde nodig sal hê. My klein skare sal tot die laaste ‘n getuienis gee van God se Ryk en Sy mag en My beloftes sal vervul word, naamlik dat ‘n sterk geloof alles vermag en dat aan Myne gegee sal word wat hulle in geloof sal vra. Die stryd sal hard wees, maar tog sal Myne oorleef, want hulle sal ‘n “Leëraanvoerder” aan hulle sy hê wat elke vyand sal oorwin. Wie aan Sy leër behoort, sal as oorwinnaar te voorskyn kom en sal geen vyand meer hoef te vrees wanneer die einde gekom het nie, die dag van die oordeel waarop die regverdiges van die onregverdiges, die goeie van die bose, die van Myne van die aanhangers van Satan geskei sal word, die dag wanneer iedereen vergeld sal word volgens sy werke. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205