BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 505

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Skool van die gees 5102 Julle moet die skool van die gees voltooi, indien julle die ewige reg wil verdien om in die geestelike Koninkryk te wandel as salige geestelike wesens, deurtrek met lig, wat in staat sal wees om met mag en krag, in harmonie met My wil, te kan skep. Hierdie skool van die gees is jou aardse bestaan, wat inderdaad soms ‘n ondraaglike moeilike las vir julle is, tog kan julle ‘n groter sukses verkry wanneer julle vasberade slegs na julle geestelike volmaaktheid streef en julle nie toelaat dat die verdrukkings van die lewe julle terneerdruk nie, as julle die aardse lewe nie as ‘n doel op sigself sien nie, maar as ‘n middel tot die doel. Julle moet altyd in gedagte hou dat die tyd van julle aardse lewe as selfbewuste wesens maar kort is, maar dat dit beslissend sal wees vir die ewigheid. Hou in gedagte dat dit van jou verwag word om ’n vrye wilstoets tydens hierdie kort aardse periode te maak en dat jy slegs hierdie besluit kan maak indien jy van twee kante beïnvloed word, en één kant oorwin jou. Begryplik sal dit ‘n stryd benodig wat julle as mense self sal moet beslis. Julle geestelike volmaaktheid lê dus uitsluitlik in julle eie hande, maar julle sal op elke moontlike manier deur My bygestaan word, selfs as dit nie vir julle duidelik is nie. Na alles wil Ek jou oorhaal en jou nie verloor nie. Dus moet jy ook oortuig wees dat Ek elke mens se lot sal vorm sodat hy in staat sal wees om sy doel te bereik, naamlik sy geestelike volmaaktheid op aarde, indien sy wil die regte keuse sal maak. En daarom ken Ek ook die gevare waaronder hy kan swig en Ek sal hulle so ver as moontlik van hom afweer, wat egter nie die moontlikheid uitsluit dat hy nogtans voor hulle kan swig op grond van sy vrye wil nie. Maar sy lot word altyd geskik sodat sy hoogste moontlike volmaaktheid bevorder kan word. Die aardse lewe is maar 'n kort episode, en selfs wanneer dit 'n baie moeilike lot behels, sal sy lyding nie die saligheid affekteer wat hy vir homself kan skep met die korrekte gebruik van sy wil nie. Ek verlaat geeneen van My lewende skeppings doelbewus en laat hulle aan hul eie lot oor nie, Ek sal elkeen vir altyd en vir ewig versorg, want Ek wil hê dat die skool van die gees suksesvol moet wees. En as die persoon altyd (bewustelik) denkend is dat niks sal gebeur of toegelaat sal word sonder My wil nie, wat altyd gerig is om geestelike sukses te behaal, dan sal hy ook altyd die geleentheid hê om in geestelike kontak met My te kom om My wil goedgunstig na hom toe te trek, want Ek is 'n Vader vir al My lewende skeppings, Wie liefdevol Sy kinders versorg wanneer net 'n stille oproep sy oor bereik, ’n oproep om hulp in geestelike of selfs aardse ontbering. Julle is waarlik nie alleen nie. Iemand wat jou liefhet, is met jou en wil net die beste vir jou hê. Hoekom roep jy Hom nie aan en vertrou jou probleme aan Hom toe nie? Moenie toelaat dat aardse teëspoed jou van My weerhou nie, maar laat toe dat dit jou na My druk, dan sal dit jou werklik nie meer so baie belas nie, want Ek sal jou help dra aan die kruis wat die noodlot oor jou geplaas het, in ooreenstemming met My wyse besluit en in die bewustheid van wat jou geestelike volmaaktheid sal dien. Dan sal die stille berusting aan My wil reeds jou korrekte geneemde wilsbesluit wees, dan sal jou wil My nie meer opponeer nie, maar jy sal jou weerstand teenoor My laat vaar en My erken. Dan sal jy die skool van die gees met die uiterste sukses voltooi en jou einde op die aarde sal 'n maklike een wees. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205