BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 329

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Omvorming van die aarde in 'n oomblik –Die wonder van die skepping 4692 Die handeling waardeur die aarde omskep sal word, sal nie vir julle mense verstaanbaar wees nie, want dit sal nie in die raamwerk van wetmatigheid gebeur soos wat elke aardse skeppingswerk tot nou toe stadigaan deur 'n positiewe ontwikkeling ontstaan het nie, inteendeel, dit sal die werk van 'n oomblik wees; afgesien van die vernietiging vooraf, wat alle skeppings op die ou aarde sal raak en wat sal plaasvind voor die oë van hulle wat daaraan ontruk sal word en wat ook nog aanvanklik deur die mense wat aan die vernietiging ten prooi geval het, gesien sal kan word, soos wat dit volgens die natuurwet vereis word. Mense sal dus die verloop van die vernietigingswerk kan volg en daarom werk God nie teen hierdie wet in nie, terwyl die opnuut vorming 'n werksaamheid van God in die heelal is, wat vir geen menslike oog te siene sal wees nie en daarom het God ook geen tyd daarvoor nodig nie, maar kan Hy alles in 'n oomblik laat ontstaan wat die krag van Sy Liefde en Sy Wysheid wil realiseer. Die mense wat op die nuwe aarde geplaas gaan word, sal dus 'n kant en klaar skepping aantref, van 'n buitengewone bekoorlike veelsydigheid. Skeppings wat hulle oë nog nooit gesien het nie, sal hulle verwonder, te meer omdat hulle nog die skeppings van die ou aarde sal onthou en voortdurend vergelykings daarmee sal maak. Hulle sal hulleself werklik terugvind in die paradys, lewend en in volle harmonie met hulle goddelike Skepper en Vader, deur Sy Liefde versorg, gelei en onderrig in alles wat vir hulle vreemd sal wees. Soos 'n groot familie sal die verhouding tussen die mense onderling wees en die strewe van almal sal wees om die Liefde van die hemelse Vader te verwerf, te lewe volgens Sy welgevalle en om in dienende naasteliefde werksaam te wees. Die tydsduur van hulle afwesigheid van die ou aarde en die oponthoud na hulle wegneming sal hulle nie kan skat nie, want die begrip van tyd word hulle ontneem, totdat hulle teruggeplaas word op die nuwe aarde, om welke rede hulle ook geen idee sal hê in watter tydsbestek die nuwe aarde ontstaan het nie. Maar hulle sal ook weet dat by God niks onmoontlik is nie en sal derhalwe ook ’n skepping in 'n oomblik as waarskynlik beskou, om welke rede hulle liefde en verering vir God steeds sal toeneem en hulle geluksaligheid groter sal word by die aanskoue van die wonderwerke wat sal getuig van God se Liefde, Wysheid en Almag en Wie die mense duisendvoudig skadeloos sal stel vir die ellende en die leed gedurende die laaste tyd van die bestaan van die ou aarde. God beproef die mense wel swaar, maar HY beloon ook die wat tot diegene behoort wat die einde van hierdie aarde meegemaak het as skape van Sy kudde getrou en met saligheid. Salig is die wat die ergste moes verdra en deurstaan het en wie daarvoor die mooiste in ruil sal ontvang, naamlik die paradys op die nuwe aarde met die voortdurende teenwoordigheid van die Vader onder sy kinders, salig die wat volgehou het tot aan die einde wanneer God Self sal kom in die wolke om hulle te bring na sy ryk, na die ryk van vrede, totdat Hy hulle teruggeplaas het op die aarde, wat waarlik wonderwerke sal onthul waarvan geen mens ooit sou kon droom nie, omdat daar op die aarde niks bestaan wat as vergelyking daarmee aangevoer kan word nie. Maar God se Liefde ken geen grense nie en Sy Wil om te vorm is onuitputlik en sal steeds weer nuwe werke tot stand bring wat al die vorige sal oortref om Sy kinders gelukkig te maak en hulle trou te beloon. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205