BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 274

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Wederkoms - Die wegneming (3) 4531 “Ek sal na julle toe kom om julle na My Ryk te bring”. Dink in ure van nood aan hierdie belofte en verwag dan My hulp en glo vas dat Ek sal kom as julle Redder, as die nood ondraaglik geword het. Vrees nie My teenstander nie, want Ek is Magtiger as hy wat julle in die verderf wil stort. Julle moet weet dat dit vir My maklik sou wees om hom te vernietig, maar daarmee word niks bereik nie. Sy vele aanhangers sou sy aktiwiteite voortsit, as hulle nie ook vernietig word nie. Dit is egter onmoontlik, omdat alles wat deur My Skeppergees voortgekom het, sal bly bestaan tot in ewigheid. Dit kan nie ophou bestaan nie, omdat dit ewige Krag vanuit My is. Maar Ek sal julle red uit sy mag, omdat Ek hom en almal wat aan hom behoort, in kettings sal plaas. Julle sal egter na ‘n ryk van vrede gebring word, waarin julle sal lewe net soos in ’n paradys, totdat Ek julle weer verplaas op die nuwe aarde, waar julle dan sal kan lewe volgens My wil. En al glo niemand hierdie belofte of hierdie profesie nie, tog sal dit verwesenlik word. Want wanneer Ek kom in die wolke, beëindig Ek die bekende natuurlike wette en neem julle in lewende lywe na My toe, voor die oë van julle medemense wat ’n prooi van My teenstander geword het. Hulle sal in werklikheid iets onnatuurlik beleef, waaraan hulle tans nie wil glo nie. Julle wat egter aan My behoort, weet dat niks vir My onmoontlik is nie. Julle weet dus ook dat Ek die natuurwette kan ophef of kan uitskakel, indien dit vir My heilsplan van ewigheid nuttig sal wees. En julle ken die betekenis en die doel van alle skeppings en My heilsplan van ewigheid. Dus weet julle ook dat elke verlossingsperiode ‘n einde het en dat julle nou staan in die laaste tyd voor die einde van hierdie verlossingsperiode. Daarom twyfel julle ook nie aan hierdie openbaringe nie, wat Ek reeds sedert die begin van hierdie verlossingsperiode aan Myne bekendgemaak het nie. Julle beskou dit as moontlik en behoort vas daarin te glo, sodat julle gevolglik in staat sal wees om die moeilike tyd te oorleef, altyd gedagtig aan en met die hoop op My versekerde hulp en My koms van bo. Wat bose mense aan julle sal doen, laat Ek toe, want hulle sal hul straf ontvang en dit sal vir hulle voorwaar bitter wees. Hulle sal sien hoe julle omhoog geneem word, terwyl die dood hulle bedreig en hulle nêrens redding kan vind nie. Hulle sal deur die aarde verslind word en ‘n ellendige lot sal vir hulle beskore wees, naamlik om opnuut gekluister te word in die harde materie van die nuwe aarde. Julle sal egter ’n regverdige vergoeding ontvang. Alle swaarkry sal ten einde wees, julle sal in vryheid en vreugde lewe op die nuwe aarde, in ’n paradysagtige omgewing, omring deur liefde en in direkte verbinding met My. Want dan kan Ek dikwels vertoef te midde van die mense wat tot suiwer liefde geword het. So sien die einde dus daaruit en wat keer op keer deur sieners en profete aan julle voorspel is, en wat sedert die begin van hierdie verlossingsperiode aangekondig is, sodat die mensdom kon glo. Maar nouliks het iemand egter hierdie profesieë ernstig opgeneem. Die dag sal egter kom waarin alles sal gebeur en die laaste oordeel sal plaasvind soos wat dit verkondig is in Woord en Geskrif. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205