BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 309

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Die sterwende Verlosser se laaste woorde aan die kruis - Hoorbare Woord - Voorkoms 4630 Dit verg 'n besonder hoë graad van volwassenheid om in staat te wees om My Woord hoorbaar te hoor, daarom kan Ek eers net 'n beperkte hoeveelheid kennis aan julle meedeel, maar wat weliswaar genoeg sal wees om julle in staat te stel om vir My te werk en die evangelie te verkondig aan ander mense. Nietemin kom die einde nader en die mensdom staar die laaste gebeure op hierdie aarde in die gesig. Mense is heeltemal onkundig en ook nie in staat om My Woord te aanvaar of te herken wanneer dit vir hulle aangebied word nie. In hul geestelike blindheid besef hulle nie meer die seën van Christus se daad van verlossing nie, hulle glo nie in Hom nie en sal dus hopeloos blootgestel word aan My teenstander se beheer, indien hulle nie hul denke en optrede gaan verander voor die einde nie. En om hulle geloof te laat herleef, waar dit nog moontlik sal wees, sal iets besonders vir die mense aangebied word wat deur Jesus genoem was op die aarde. Tekens en wonderwerke sal plaasvind. Die kruis van Christus sal sigbaar en baie duidelik in die lug verskyn, sodat die mense wat nie in Hom glo nie, sal skrik, terwyl Myne sal juig en bly wees en dit hulle geloof baie sal versterk. Dit sal aanleiding gee tot 'n ongewone begeerte om duidelikheid te kry, sodat korrekte en verkeerde aannames My dienaars sal aanspoor om in te gryp en mense die waarheid te leer. En hiervoor sal julle spesiale kennis benodig wat Ek graag vir julle wil gee, maar wat julle slegs sal kan ontvang in die bogenoemde toestand van volwassenheid wat die hoorbare Woord vereis. Hierdie kennis sal nie intellektueel oorgedra kan word nie, die geestelike oor en oog sal moet oop wees om in staat te wees om die indrukke wat ervaar was deur die sterwende Verlosser aan die kruis en wat uitgedruk sal word met woorde wat geen menslike oor gehoor het nie en wat gevolglik heeltemal onbekend gebly het vir die mensdom. Die rede waarom hierdie kennis van julle weerhou is, is gebaseer op die feit dat daar slegs 'n paar mense is wat in staat sou wees om die diepte van hierdie woorde te begryp en dat dit 'n baie sterk lewende geloof deur liefde vereis om hulle te verstaan. Maar kort voor die einde sal daar mense wees wat hierdie lewende geloof deur liefde sal verkry en aan wie die betekenis van Jesus se goddelike Woorde verstaanbaar sal wees deur hierdie lewende geloof. Dit is My wil om aan hulle 'n kosbare geskenk te gee deur hierdie einste woorde oor te dra en daarom sal Ek 'n geskikte houer nodig hê waarin Ek My Gees sal kan uitgiet, naamlik 'n dienskneg op aarde wat aan My toegewy sal wees, aan wie Ek Myself kan openbaar, aan wie Ek Jesus se woorde aan die kruis duidelik en verstaanbaar sal kan deurstuur deur die innerlike stem, sodat hy dit sal oordra aan sy medemense en dit dus toeganklik sal maak vir die mensdom. Sodra die verskyning in die lug sigbaar raak, sal Myne na vore kom en namens My praat, hulle sal die kruis van Christus loof en sy woorde ontvang soos 'n sagte akkoord in hul harte. Maar teen hierdie tyd moet hierdie woorde reeds oorgedra gewees het na die aarde, dit moes deur die hoorbare Woord ontvang gewees het en verstaanbaar wees vir My dienaar en sal hulle bevestiging gevind het deur daardie gelowiges wat dit netso in hul harte gehoor het, maar wie dit sal beskou as gespreek van bo. Maar Ek sal die mense vooraf inlig, sodat hulle bewus kan wees van die groot wonderwerk. En enigeen wat geestelik verlig is, sal in sy siel opgehef voel en sal 'n geweldige vloei van krag ervaar. Ek wil hierdie krag gee aan almal wat hul lojaliteit aan My sal bewys gedurende die laaste dae. Ek wil aan hulle die vermoë gee wat hul krag so sal vermeerder dat hulle die moeilikste stryd sal kan verduur en volhard tot aan die einde, totdat Ek Self sal kom om hulle huis toe te bring na My koninkryk, totdat hulle die koninkryk van vrede binnegaan, die paradys op die nuwe aarde. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205