BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 554

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Gees van die Antichris 5223 Die Gees van die Antichris heers oral waar Ek nie erken word nie, want daar het hy reeds sy werk van verwarring aangerig. Hy het die onderskeidingsvermoë van die mense verswak, hy het alles verduister, hy het die waarheid verdring en die mense verblind met sy dwaallig. En hy het, as My teenstander, sy mag benut en het so teen My ingegaan. Hy het veral die wapen, die beeld van die goddelike Verlosser Jesus Christus uit die harte van die mense geruk en hy werk sodoende in ‘n steeds sterker mate teen Christus, namate die einde nader kom. Dit is sy werk dat die mense hulle van My afkeer, sodat hulle nie meer in Jesus Christus sal glo nie en daarom ook die weg na My nie meer sal vind nie. En tog is sy werke slegs moontlik omdat die mense hulself nie teen sy aanval en sy dade verweer nie, waartoe hulle egter in staat sou gewees het as hulle dit maar net gewil het. Want hulle is as selfstandige wesens op die aarde geplaas en besit ‘n volledige vrye wil. Hulle staan wel afsydig van My, maar in die begin van hulle beliggaming as mens ook so vêr van My teenstander af, dat hy hulle nie kon dwing om hom onderdanig te wees nie. Deur My het die mens die moontlikheid verkry om die indrukke buite homself met hart en verstand op te neem en dit in die hart of met die verstand uit te werk. Want Ek het geen masjiene geskape wat hulle werk moet doen op bevel van ’n meester nie. Ek het julle vry voortgebring, het julle verstand en insig gegee en beïnvloed julle altyd om die goeie rigting te kies deur allerlei gebeurtenisse. Maar My teenstander laat sy mag ook nie onbenut nie. Hy trag netso om op julle wil in te werk, maar die besluit hang van julle self af. Daar is egter ‘n middel wat julle slegs hoef te gebruik, naamlik om julleself te verseker van My Liefdesgees en My krag wat julle geskik maak om die aanvegtinge van julle vyand te weerstaan. En hierdie krag kan julle steeds vir julleself verwerf as julle maar net self die liefde beoefen, dus om My Liefdeskrag vir julleself julle eie te maak en Wie julle steeds ter beskikking staan, maar Wie slegs deur werke van liefde verwerf kan word. My teenstander is ‘n vyand van die liefde en julle sal hom altyd kan oorwin as julle hom met die wapen van die liefde tegemoet tree. Want gaan julle die weg van Christus, gaan julle die weg van die Liefde, wat Hy ook gegaan het. En dan behoort julle aan Hom en Hy is dan julle Beskermheer en julle Leier, Hy het julle Verlosser geword deur julle wil, wat julleself deur die liefde by Hom aangesluit het. Solank die mensdom egter sonder liefde sal leef, sal hulle Hom nie herken nie en dit bewerk My teenstander wat glo om sy mag te versterk wanneer hy die mag van Jesus kan beperk. Sy aktiwiteite is duidelik teen Hom gerig en elke mens wat homself van Jesus Christus afkeer, wat Hom verloën en Hom afwys as Hy hom met Sy Woord tegemoet kom, is in die mag van die Antichris. Hy is self ‘n klein Antichris wat gewilliglik doen waartoe Satan hom aandryf. Behoed julle teen die Antichriste, hulle is in sy mag en daarom ook My teenstanders. Maar hulle sal vir hulle vyandskap moet boet op die dag van die laaste oordeel wat baie naby is. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205