BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 461

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Liefde - Die ontvangs van krag – Die liefde het verkoel – Ernstige aansporing 4990 Elke diens van liefde word ervaar as ‘n ontvangs van krag en as julle dit ter harte sou neem, dan sou daar vir julle geen swakheid in geloof of in insig gewees het nie en julle lewe sou maklik gewees het. Julle sou dit duisendvoudig terugontvang het wat julle uit liefde weggegee het. En daarom sou julle ook geen aardse bekommernisse gehad het om oor te vrees nie. Maar hoe lyk dit in die wêreld? Nood en ellende, ongeloof en onkunde kenmerk die toestand van die mens en dit dui alles op die einde. Die liefde onder die mense het verkoel. Julle sal nie die volle omvang daarvan kan besef nie, hoe swaar dit weeg op julle siele nie, want dit bewys daarmee die siele se verwydering van God, omdat om digby God te wees, onvermydelike ontvangs van krag beteken, maar om digby God te wees, kan slegs deur die werke van liefde gewaarborg word. Maar wat wil julle mense bereik wanneer julle ver van God verwyder is? Dan voer elke taak wat julle begin maar net na die afgrond, ook al is julle nog hoe ywerig besig en werksaam, want sonder God het julle in die hande geval van hom wat Sy teenstander is en aan wie julle julle ellendige toestand te danke het. God alleen is julle redding. Soek julle Hom nie, dan gaan julle vir ewige tye verlore. God alleen is Krag en Mag en Heerlikheid en in Sy nabyheid sal julle lewe in geluksaligheid. Maar as julle ver van Hom is, dan is julle gees verduister. Blind en kragteloos leef julle op aarde en blind en kragteloos gaan julle die geesteryk binne, en julle ellendige toestand neem toe deur julle eie skuld. Slegs die Liefde kan julle vrymaak. Slegs die Liefde bring julle nader aan God. Die Liefde gee julle Krag en Lig, die Liefde sal julle verlos. Oorwin julleself, die wat nog erg in die eieliefde vassit. Wend julle tot jul medemens en open jul oë vir hulle leed. Help hulle, wees onophoudelik in onbaatsugtige liefde werksaam. Dan sal julle toeneem in krag en lig. Julle sal dan afstuur op God, wat Homself sal openbaar deur julle werksaamheid in liefde; wat Homself deur julle werke van liefde met julle verbind, sodat Hy met en in julle werksaam kan wees. Die liefde het verkoel onder die mense. Maak seker dat julle nie tot diegene behoort waarvoor daar geen redding meer is nie, omdat hulle God verlaat het. Probeer julle van Sy nabyheid te verseker deur werksaam te wees in liefde en maak seker dat die krag in julle toeneem, dat julle vas en onwankelbaar sal glo en die geloof deur die liefde lewend sal laat word. Dan sal die aardse wêreld julle nie meer beswaar nie. Julle sal dan die teenwoordigheid van God voel en vervul word met liefde en krag en omdat julle nou in en met God leef, sal alles vir julle slaag. Julle geestelike en ook julle aardse arbeid sal geseënd wees. Laat die liefde nie verkoel nie, sodat julle nie tot diegene sal behoort wat die nabye einde sal moet vrees nie, wie ver van God verwyder is en 'n prooi is van hom wie Sy teenstander is. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205