BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 37

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Waarheid - Aktiwiteit van die verstand en die hart 3719 Alle geestelike kennis kan deur die verstand verwerk word, maar dit moet eers deur die hart ontvang word, terwyl wêreldse kennis nader aan die verstand is as aan die hart, en dit is dus te verstane dat 'n intellektueel baie aktiewe persoon sal probeer om dinge vas te stel wat nou verwant is aan wêreldgebeure, selfs al probeer hy om dit 'n geestelike karakter te gee, en hy graag sal probeer om My plan van die ewigheid ondersoek, as gevolg van die aardse uitkoms, wat hy glo hy kan bereken met wiskundige sekerheid. Solank die mens nog sy aandag op eksterne gebeure vestig, is sy verstand meer aktief as sy hart en sodra hy begin om aandag te gee aan suiwer geestelike probleme, sal sy hart aktief wees, maar dan sal hy min kennis neem van eksterne dinge soos die ontplooiing van wêreldgebeure en sal slegs daarna kyk as samehang van die werklike gebeurtenis. Eers dan sal hy nader aan die waarheid kom, wat deur sy hart sal kom en dan verstaan sal word deur die verstand. Dit is nie moontlik vir 'n mens om My ewige plan van verlossing so te verstaan dat hy enige ingryping deur My Wil kan vestig nie. Slegs wanneer dit deur My Gees openbaar gemaak word, sal dit verkondig word deur 'n profeet in ooreenstemming met My wil, maar Ek sal nie die tyd openbaar nie, selfs nie aan hierdie profeet nie, want dit stem ooreen met My Wysheid. 'n Geestelik strewende persoon sal ook weet dat dit nodig is om die datum en tyd van die einde geheim te hou, gevolglik sal hy nooit iemand vertrou wat glo dat hy dit kan bereken nie. Hierdie soort van intellektuele aktiwiteit is 'n duidelike aanduiding van 'n oningeligte gees, omdat 'n geestelik ontwaakte persoon My laat heers en werk en slegs ten doel het om uiterste volwassenheid vir die siel te bereik, en deur die tekens van die tyd sal hy die mensdom se geestelike lae vlak herken. Hy sal ook die rede en die oorsaak van die geestelike verval ken, hy sal die samehang van alle dinge ken en dus ook die verloop (volgorde) van die gebeure van die aardse tydperk in ooreenstemming met sekere basiese wette ken; hy vind bloot sy kennis bevestig in die volgorde van gebeure in die wêreld, maar sal nie probeer om gebeure in die wêreld af te lei daarvan nie. Gebeure in die wêreld is inderdaad ook 'n gevolg van geestelike verval, maar laasgenoemde moet erken word en eerste aandag aan gegee word, en dus moet elke enkele persoon poog om eers die geestelike ontbering reg te stel, en hiervoor is dit noodsaaklik dat die hart eerste geaktiveer word en dan die verstand. Die ernstige werk aan jouself lei tot geestelike verligting en gee betroubare visie vir toekomstige gebeure, en dan sal die hart aktief wees, maar, deur die gebruik van die verstand alleen, is dit nie moontlik om die kennis te bereik en My plan van die ewigheid te verstaan nie, want Ek het 'n beperking op die mens se verstand geplaas wat hy nie kan oorbrug nie, maar Ek het die hart onbeperkte ruimte gegee. Dit is Gees, wat deel is van My, waarvoor niks verborge kan bly nie en onbeperkte toegang kan kry. Daarom, indien jy wys wil word, dit wil sê kennis verwerf wat ooreenstem met die suiwerste waarheid, moet jou hart voortdurend aktief wees, Liefde moet jou in die waarheid lei, maar jy sal nooit die doel bereik deur net jou verstand te gebruik nie, jou kennis sal onakkuraat wees en bly so lank as wat My gees nie effektief in jou kan wees deur die aktiwiteit van jou hart, deur die liefde nie. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205