BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 299

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Toets die geeste - Daad van Verlossing – Kriteria van Jesus Christus 4601 Deur die inhoud van die boodskappe kan dit maklik vasgestel word wie se gees geopenbaar word, en aandag moet altyd geskenk word om te bepaal of, en op watter wyse, die Goddelike Verlosser genoem word, want dit is van die grootste belang in die ondersoek van verborge boodskappe. As Jesus Christus erken word as Verlosser van die wêreld, dan is dit die sekerste waarborg dat die boodskap van bo kom, dat die gees van God spreek deur 'n persoon wat ontvanklik is vir Hom, Sy stem hoor en dit deurgee as Sy Woord. In daardie geval hoef die mens nie meer die geringste twyfel te hê nie en hy kan seker wees dat hy suiwerste waarheid hoor en dat hy God se wil nakom deur die verspreiding van hierdie Woord van bo. Dan sal hy 'n bepaalde graad van volwassenheid bereik het wat voorsiening maak vir 'n direkte oordrag van die waarheid, want die daad van Verlossing is 'n raaisel wat slegs onthul kan word wanneer die nodige begrip in 'n mens daarvoor bestaan. Slegs wanneer 'n persoon self in kontak is met die geestelike koninkryk, wat 'n direkte kommunikasie moontlik maak, sal hy Christus se daad van Verlossing kan verstaan, dit is, sal hy in staat wees om die probleem van “Jesus Christus – God” te verstaan en te verduidelik, want die wonderwerk wat Jesus Christus in 'n goddelike mens verander het, word gelykgestel met die geestelike aktiwiteit van hierdie persoon, al is in 'n onvergelykbaar mindere mate. Nietemin sal Jesus se goddelikheid nie meer 'n vraagstuk vir hom wees nie, en hy sal dit ook met oortuiging aan sy medemens kan verduidelik, omdat God se geestelike werking in hom plaasvind, wat bewys word uit die ontvangs van geestelike kennis van bo. Enigeen wat dus 'n ondersoek sal loods om vas te stel watter magte aan die werk is tydens so 'n oordrag, sal gou oortuig word van die waarheid, met voorbehoud dat hy nie ontoeganklik is vir die Boek van die vaders of dit verwerp nie. God sal nie sy Eie in twyfel laat nie en Hy sal nooit 'n persoon, wat die waarheid begeer, onkundig laat nie. En so het Hy die mense Self aangeraai om die geeste te toets of hulle uit God is al dan nie, en terselfdertyd die kriteria van waarheid en dwaling gespesifiseer. Om hierdie rede kan mense sonder aarseling die waarheid van die ontvange boodskappe van bo verdedig, selfs nie die geringste twyfel behoort hulle harte te beswaar nie, want Jesus Christus bied Homself aan as 'n toetssteen, want sy teenstander sal Hom en Sy menslike manifestasie nooit erken, of mense inlig van die verlossingsdaad van Christus nie. Jesus self sê: "Ek is die weg en die waarheid en die lewe.” Dus sal enigiemand wat saam met Hom loop, wat namens Hom sal praat, wat Hom sal bely, ook die waarheid sonder versuim ken en sal nie kan dwaal nie. Gevolglik sal boodskappe wat betrekking het op Hom en Sy daad van Verlossing nooit geïnspireer word deur die teenstander nie, wat nie Sy naam sal noem nie. Hulle moet absoluut erken en beoordeel word as goddelike werke, andersins sal die geloof in God se Woord, asook in die proses van die werking van die Gees ongeldig wees, wat egter getuig van Hom deur die ontvangs van die geestelike boodskappe. Enigiemand wat die stem van die gees in homself hoor, sal ook in staat wees om alle besware te weerlê en sal slegs geloofwaardigheid vind waar die gees ookal kan werk, alhoewel nie so natuurlik soos met die direkte ontvangs van geestelike boodskappe nie. Iemand wat beïnvloed word deur negatiewe kragte, sal probeer om alles met 'n Goddelike aard uit te beeld as ongeloofwaardig, en dit is ’n teken dat God se teenstander aan die werk is deur te probeer om mense te verwar, want hy beveg die waarheid en sal graag die lig uit die hemele wil blus. Daarom word aan julle 'n aanduiding gegee waaraan julle slegs hoef aandag te gee ten einde in staat te wees om duidelik te oordeel en om die bose invloed te verwerp, sodat julle die waarheid in julleself kan bevestig, asook teenoor julle medemens. En julle sal verseker kan wees dat God Self diegene sal ondersteun wat vir Hom werk, want dit is Sy wil dat die suiwer waarheid sal versprei en sal voortgaan om te bestaan, maar dat Hy ook die kaf van die koring sal skei. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205