BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 123

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Jou lot in die ewigheid is in ooreenstemming met die wil – materie is verkeerde liefde 3969 Waarna die mens ookal streef, sal hy ontvang, want slegs sy wil sal bepaal wat sy lot in die ewigheid sal wees. As julle strewe op die koninkryk van God gerig is, sal julle dit ook verwerf en mede-heersers van alle wêrelde word, maar as julle na die wêreld streef vir vervulling van alle aardse begeertes en verlange, dan sal die wêreld, naamlik die wêreldse goedere, julle nie verlaat nie, ongeag of julle die hiernamaals ingegaan het, want julle begeertes skep ook die omgewing waarin julle siel sal woon. Die besit van hierdie goedere sal julle egter nie gelukkig maak nie, want julle sal spoedig besef dat dit onwerklik is, want julle hunkering daarna sal nie tevrede gestel kan word nie, julle sal bly hunker daarna en die verlange sal julle bly kwel, daarom sal julle reeds op aarde daarna moet streef om van dergelike hunkeringe vry te raak. Julle moet na geestelike besit verlang, indien julle eendag salig wil wees. Waarna julle ookal streef, sal julle ten deel val, en so skep elke mens self sy eie lot en moet daarom van hierdie groot verantwoordelikheid bewus wees, want hy het ewighede voor hom, ewighede wat hy, óf in geluksaligheid, óf in ellende sal moet deurbring, want ewighede kan verbygaan, alvorens hy die aardse materie oorwin het, omdat die versoeking in die geesteryk veel erger is, aangesien hy weinig weerstand daarteen kan bied, terwyl hy homself op aarde baie maklik daarvan kon losgemaak het, indien hy dit maar ernstig wou. ‘n Siel wat die materie oorwin het en die koninkryk van die hiernamaals in ‘n vrye toestand binnegaan is onbeskryflik gelukkig, aangesien die genot wat op haar wag veel heerliker is as wat die mense op aarde vir hulself kan indink. Hierdie siel sal ook begeer en sal voortdurende vervulling vind, want sy sal geestelike besit begeer, wat die uitstraling van God se Liefde is en wat eindeloos salig maak, waarna sy voortdurend smag en dit voortdurend sal ontvang. Hierdie uitstraling van liefde vergeestelik haar hele wese en sy sal haar steeds meer by die Ewige Liefde aanpas en sal voortdurend daartoe aangetrokke voel, sy sal onophoudelik na die aanwesigheid van God verlang om met Hom vir alle ewigheid verenig te wees en so onbeskryflik geseën word. Die mense op aarde verlang slegs aardse vreugde en liggaamlike plesier en strewe slegs na materiële besit. En dit alles sal met die dood van die liggaam eindig. Hulle sal niks in die geestelike koninkryk kan inneem as hulle nie daarin geslaag het om geestelike besit te versamel nie, wat slegs bereik kan word deur aardse verlangens te verontagsaam. As sy haarself nog van die wêreld kan losmaak vóór haar liggaamlike dood, as sy nog haar waardeloosheid herken en haar gedagtes met die hiernamaals besighou, kan sy as geseënd beskou word, want dan sal die weg omhoog na die geestelike koninkryk nie meer vir haar gesluit wees nie, alhoewel onbeskryflik moeilik om te klim, maar dan sal sy nie meer na aardse goed streef nie en nie meer die vreeslike verleidinge hoef te vrees wat die siel verswak en onbekwaam maak om weerstand te bied nie. Dan sal sy spoedig deur ligwesens gehelp word wat geestelike besit aan haar sal uitdeel, maar slegs binne bepaalde grense, totdat die siel dit deur eie inspanning verhoog, totdat sy haar taak in die geestelike koninkryk herken en streef om daaraan te voldoen. Wat sy wil, sal sy ontvang. Slegs haar wil is beslissend en sodat die wil die regte besluit neem, lei God voortdurend die mense volgens Sy wil, maar hulle wil egter nie na Hom luister nie, hulle bly die wêreld begeer en daardeur bring hulle hul siele in groot gevaar. Daarom ontferm God Homself oor hulle en toon Hy duidelik aan hulle die waarde van aardse materie deurdat Hy toelaat dat dit vir die mense verlore gaan, deur telkens weer weg te neem wat hulle besit en wat na aan hul hart is, sonder om te besef dat die verkeerde soort liefde in hulle sluimer. Hy neem weg wat hulle nie vrywillig wil opgee nie, om aan hulle te wys dat dit reeds op aarde oorwin kan word, om hulle te help om vry te word van hul verlangens daarna, om tevrede te wees met minder en hul liefde te draai na geestelike besit wat onvergelykbaar waardevoller en onverganklik is. Alle aardse verlies wat die mense tref, is ’n hulpmiddel van God, dit is ‘n sagte aanmaning om daarvan weg te draai, en ‘n aanwysing van die verganklikheid van alle aardse goedere. Elkeen wat met oop oë om hom heen sal kyk, sal die werksaamheid van God, Wie die mense wil help om hulself geestelik te rig, oral kan sien, sodat hulle sal leer om materie te verag vóór die dood van hul liggaam en slegs na geestelike rykdom streef, sodat hulle vir hulself ‘n salige lot kan berei in die hiernamaals, sodat hulle geseën kan word, omdat dit hulle wil is. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205