BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 567

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Skynbaar liefdelose hulpmiddels van God 5256 Ek wil julle red uit die nood van julle siele. Die nood van die liggaam gaan verby, dit duur nie ewig nie. Maar die nood van die siel hou egter nie op met die dood nie, maar julle neem dit saam in die geesteryk in en daar sal julle eers regtig daarvan bewus word, want op aarde kon julle dit met wêreldse plesier en vreugdes verdoof. En dit is juis die ongeluk, dat julle die tyd op aarde nie daarvoor gebruik het om die siel te help nie; dat julle nie gedink aan haar toestand na die dood van die liggaam nie, wanneer sy in kwelling en duisternis 'n kwynende bestaan moet lei en onuitspreeklik moet ly. Ek wil haar uit hierdie nood bevry. Maar My hulp sal altyd 'n pynlike uitwerking hê op die liggaam, want julle lewens op aarde word deur My hulp aangeraak en nie altyd tot julle vreugde nie. Ek moet oor julle mense gevoelige nood en lyding laat kom, Ek moet julle aardse welsyn versteur. Ek moet op smartlike wyse ingryp in julle vertroude lewe, om julle tot besinning te bring, om julle wakker te maak uit 'n toestand van die diepste slaap, omdat julle julle siele sonder hulp laat. En so moet Ek julle keer op keer verwond. En tog is dit My Vaderliefde wat na hierdie hulpmiddels moet gryp, om julle, My kinders, van die ewige verderf te red. Maar of julle dit gaan benut, staan julle vry. Dit kan ook wees dat alle hulpbronne niks sal uitrig nie en dat julle ook dan nog net die wêreld sal sien en daarna verlang. Dan het julle self julle oordeel oor julle uitgespreek, dan het julle vir julself vrywillig 'n lot gekies, wat ontsettend smartlik sal wees en ’n eindelose lang tyd sal duur. Ek is op hoogte van julle lot en daarom gryp Ek af en toe so hard in julle aardse lewens in, sodat julle My nie meer as 'n God van Liefde wil erken nie, dat julle My daarom ook dikwels heeltemal verwerp of julle teen My verset en julle julleself daardeur aan My teenstander uitlewer. Ek wil slegs julle geluksaligheid hê. Ek het geen ander doel, as om julle aan die geestelike dood te ontruk en julle siele 'n ligskynsel te gee, sodat julle die weg kan vind wanneer julle die geesteryk betree en nie meer werksaam kan wees op die aarde nie. Die siel bly bestaan na die liggaamlike dood, maar eers wanneer sy in die geesteryk werksaam kan wees, sal sy haar verheug oor haar lewe. En daartoe wil Ek haar help en Ek kry voortdurend teenstand vanaf die kant van die mens, wat maar slegs aandag skenk aan en hou van al die uiterlike, maar nie aan sy siel dink nie. Julle let slegs op die omhulsel, maar die kern vergeet julle en dit alleen is die ware, die onverganklike, terwille waarvan julle op aarde leef. Die nood en die leed op aarde sal toeneem, hoe nader die einde kom. En salig is die mens wat dit op hom sal laat inwerk, wat die verganklike van die aardse daardeur sal insien en poog om onverganklike goedere te bekom. Slegs weinig sal deur die nood tot insig kom en tog laat Ek dit terwille van hierdie weiniges toe, sodat 'n groot aantal mense dikwels die lewe moet verloor, want hulle liggame verloor niks, maar die siel kry nog geleentheid in die ryk hierna om omhoog te klim, as sy dit wil hê. Maar diegene wat Ek gewen het, sal My ewig dankbaar wees en ook die swaarste leed erken as 'n middel van My Liefde, waarsonder hulle verlore sou gewees het vir ewige tye. My heilsplan is van ewigheid af voorsien en dus voorsien Ek ook die algehele ongeestelike toestand aan die einde van hierdie verlossingsperiode. En Ek het die heerskappy van My teenstander oor die siele van die mense gesien. Ek het egter ook die weinig wat nog te wen is, vooruit gesien. Elke verlossingsperiode kom onder gewelddadige ingryping van My kant af ten einde, om die teenstander nog te ontwring van hulle wat nie heeltemal in sy mag is nie. Julle mense wat in My glo, moet waaksaam van gees wees in die laaste tyd voor die einde. Besef wanneer dit gaan om My weliswaar harde hulpmiddels en wanneer My teenstander sy hand in die spel het. Twyfel nie aan My Liefde nie, inteendeel, herken Haar in elke gebeurtenis, in elke aardse nood, in elke natuurkatastrofe. Dit gaan altyd oor siele, waarvan My Wysheid insien dat hulle nog vatbaar is vir verandering en aan wie hulp gebring moet word in hulle geestelike nood. Eens sal ook julle My Liefde in Haar volle omvang kan besef, wanneer julle die verskriklike lot sal aanskou van diegene wat My weerstand gebied het en wie nie gedwing kon word om hul weerstand op te gee nie. Maar solank as wat hierdie aarde nog bestaan, is My Liefde onophoudelik ingespan en besig om siele te red uit die eindelose lang tyd van duisternis, wat op die einde van hierdie aarde sal volg vir My teenstander en sy aanhangers, wat onverbeterlik is. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205