BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 531

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Kenmerk van die Kerk van Christus– Die werking van die Gees 5174 Die kerk van Christus is geen uiterlike organisasie nie. Dit is baie meer die aaneensluiting van almal wat geestelik strewe, van mense vanuit elke geloofsrigting wat in die liefde lewe en in Jesus Christus en Sy verlossingswerk glo. Want nie die geloofsrigting toon aan dat hulle aan hierdie kerk behoort nie, maar slegs die Gees, Wie vanuit die mense spreek wat deel daarvan uitmaak. Dit moet vir julle duidelik wees dat God dit nooit voldoende kan vind wanneer iemand hom by die een of ander geloofsrigting aansluit weens die naam nie, omdat hy onder die indruk is van die gewoontes en gebruike wat elke organisasie meer of minder te sien gee nie. Julle moet veeleer weet dat God slegs die gesindheid van 'n mens waardeer. En dit kan by mense van elke geloofsrigting sus of so wees, dus meer of minder beantwoordend aan God se Wil, meer of minder inagnemend van die goddelike gebooie. Dus is slegs dit deurslaggewend of ‘n mens hom tot die kerk van Christus mag reken, naamlik of hy deur ‘n lewe in liefde die Gees uit God in homself gewek het. Die kerk van Christus is ‘n suiwer geestelike organisasie wat geen enkele toegewing aan die wêreld maak nie, maar is slegs gebaseer op die sielelewe van die mens, op die bewuste wil om die geestelike doel te bereik wat vir die mens op aarde gestel is. Die kerk van Christus verenig alle gelowiges, d.w.s. innerlike oortuigde aanhangers van Jesus, wat die goddelike leer van die liefde tot hulle lewensdoel gemaak het, wat die verlossingswerk van Christus erken en wat geen ander strewe ken as om deur die bewustelike vereniging met Hom, die krag van die Gees in hulself te ontvou nie, wie dus deur die goddelike Gees verlig word, wat altyd as bewys van die lidmaatskap van Sy kerk sal geld. Die kerk van Christus het geen ander uiterlike kenteken nodig om as Sy ware kerk, wat Hy Self op aarde gestig het, herken te word nie, as die geestelike wedergeboorte, wat homself aantoon deur die uiting van die goddelike Gees in die mens. En dit is op sy beurt weer te herken aan 'n denke van lig, die insien van die waarheid, die besef van die doel van die menslike lewe, ‘n sterk geloof en die daaruit voortkomende buitengewone werke, soos die genesing van siekes, die afwending van groot aardse nood, die binnestroom van God se Woord of op die gebied van die elemente, tot nut van die medemens. Steeds sal daar ‘n krag aan die lig kom wat van goddelike oorsprong is wanneer 'n mens die geestelike wedergeboorte bereik het en hierdie mens behoort dan ook tot die kerk van Christus, wat buite elke kerklike organisasie staan, maar wat mense van elke denominasie as lidmate het. Sy is ‘n geestelike gemeenskap van alle diep gelowige mense en haar Hoof is Jesus Christus Self, met Wie elke lid in innige kontak moet wees om in Sy kerk opgeneem te word. Want Sy kerk is iets lewend, sy is geen dooie vorm wat vir die wêreld maar in naam bestaan en geen Gees in haar het nie. Sy kerk is op ‘n lewende geloof gebou wat deur die liefde tot lewe gewek word. Daarom is liefde en geloof die eerste voorwaardes om aan Sy kerk te behoort, om welke rede daar dan ook in elke geloofsrigting mense aan Sy kerk behoort - wie ‘n lewende geloof het wat voortgekom het uit die liefde tot God en die naaste. Al hierdie mense verenig Jesus Christus in Sy op aarde gestigte kerk en Hy kenmerk hulle met die gawe van die Gees, - maar elkeen volgens volwassenheid, bekwaamheid en bestemming van sy arbeid op aarde vir Sy ryk. En oral waar God se Gees werk, staan ‘n pilaar van Sy kerk, wat onoorwinlik is en sal bly, tot in alle ewigheid. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205