BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 311

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Natuurkatastrofe en die gevolge, - die angs van die mense 4633 In onbegryplike nood sal die mense raak wat nie glo nie, want Ek sal My deur natuurgeweld openbaar. Hulle sal ‘n skouspel belewe waarin enorme kragte ontlaai sal word en waarteen die mens totaal magteloos sal wees. ‘n Dodelike angs sal die mense oorval waardeur selfs Myne ontsteld sal word. Hulle sal egter wonderlik versterk word deur My hulp, sodra hulle hul gedagtes tot My wend, maar die ongelowiges sal geen enkele steun hê waaraan hulle sal kan vashou nie en sal daarom reddeloos oorgelewer wees aan die kragte van die natuur. Sommige sal wel in hul smart en in die aangesig van die dood tot My roep en hulle aanroep sal ook My oor bereik en vir hulle redding beteken, aards of slegs geestelik, dat hulle laaste uur aangebreek het. Hulle sal dan die “lewe” gewen het vir die ewigheid. Meestal sal die mense egter buite hulself van angs wees, d.w.s. dat hulle nie in staat sal wees tot hoër gedagtes nie. Hulle sal slegs probeer om hulself red, maar sal tog oral in dieselfde moeilikheid beland. Want die hele natuur sal in ‘n staat van sameswering teen hulle wees en alle elemente sal in volle aksie kom. Water, vuur, storm en lig sal hul ordening verlaat en sal verwoesting aanrig wat tallose menselewens sal eis en onvoorstelbaar in omvang sal wees. Dit sal maar ‘n kort gebeurtenis wees, maar sal buitengewone moeilike gevolge hê vir alle mense wat dit sal oorleef. Want nou eers sal die nood op aarde so hoog styg dat alle voorafgaande oortref sal word. Die mense sal heeltemal moet omskakel na ‘n ander lewenswyse en sal alles moet benut wat nog vir hulle oorgebly het. Hulle sal op hulself aangewese wees en sal vir ‘n lang tyd geen aardse hulp kan verwag nie, omdat hulle afgesny sal wees van die res van die wêreld en die verbinding sal nie so gou weer herstel kan word nie. Die omvang van die ramp kan nie begryp word nie, maar Ek maak julle steeds attent daarop, sodat julle julself nie laat opneem in aardse goedere en dit belangrik vind en julle siele vergeet nie. Want die rypheid van julle siele sal deurslaggewend wees in hoe ’n mate julle die komende gebeure sal kan deurstaan. Kennisgewings van hierdie aard vind egter weinig geloof by die mense en is tog buitengewoon belangrik, want dit sal woord vir woord plaasvind. En elke dag is nog ‘n genadegawe wat julle geestelik moet benut, maar nie op ’n wêreldse manier nie. Want slegs dit wat julle vir julleself aan geeste rykdomme verwerf het, sal van waarde wees. Ek beloof My beskerming aan julle almal en hulp as julle in My sal glo en My wil dien. Word daarom nie neerslagtig oor My Woorde nie en glo dat ook die swaarste te verduur sal wees, indien julle julleself aan My sal oorgee en My sal vra om julle laste te help dra. Want Ek sal julle nie verlaat nie en sal julle help sodat julle sal kan volhou tot aan die einde. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205