BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 195

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Die Seun Jesus, God en mens 4175 Vra vir opheldering en dit sal aan julle gegee word. Hy op wie die Gees van God sal neerdaal, sal ook in staat wees om waarheidsgetrou antwoord te gee op vrae wat in geestelike opsig aan hom gestel sal word. Die geheim van die menswording van God is 'n so moeilike probleem vir die mense op aarde, dat hulle nooit volkome onderrig sal kan word nie, tensy hulle die uitleg self vanaf die Gees van God in ontvangs sal neem, sodat die uitleg wel deur die ontvanger van geestelike boodskappe goed verstaan kan word, maar nie verstaanbaar aan die ander medemense gestuur kan word nie. Die mens Jesus was weliswaar op wonderbaarlike wyse gebore en Sy geboorte was vergesel deur boaardse verskynsels van allerlei aard, maar tog was en het die liggaam voorlopig aards materieel gebly. Die siel was afkomstig uit die ligryk en het gevolglik sonder sonde ter wêreld gekom. En derhalwe kon God homself deur hierdie siel openbaar. Hy kon werksaam wees, omdat daar niks aanwesig was wat sy werksaamheid as hindernis in die weg sou gestaan het nie. Dus was daar in die kind Jesus, God en mens tegelyk. Al wat vir die menslike oog sigbaar was, was mens. Maar wat die Kind die lewe gegee het, wat die mense aangetrek en hulle tot aanbidding gebring het deur Sy nabyheid, was God. Die ewige Godheid self het Homself openbaar en is ook herken deur diegene wat van goeie wil was, wie se harte in staat en gewillig was om lief te hê en wat hulleself daarom geopen het vir die Gees van God om in hulle werksaam te wees. Ten tye van die geboorte van Jesus het daar slegs mense in Sy nabyheid gekom wat deur die Gees van God daarheen gelei was, wie dus deur God self as waardig gekeur is om die Kind te sien, wie Hy deur die Kind nadergekom het en in wie Hy ook die bewussyn gewek het om in die nabyheid van God te wees. Maar vir iemand anders as sulke mense, sou die Kind slegs suiwer menslik voorgekom het, nie anders as ander kinders nie, soos dit ook volgens Sy aardse liggaam was. En so het die mense Hom ook in Sy jeug en latere jare gesien, want Hy het nie openlik met Sy goddelikheid op die voorgrond getree nie, met Sy wese wat van God se Gees vervul was, alhoewel Hy Hom steeds meer met God verenig het deur Sy voorbeeldige lewe in liefde, wat ook Sy liggaam vergeestelik het en tot `n opnamehouer van die goddelike Gees gemaak het. Maar dit was die mens Jesus wat Homself deur werksaamheid in liefde moes omvorm tot 'n waardige omhulsel van God se Gees, sodat Sy Haar in Homself in alle volheid kon berg en die Gees deur Hom onbeperk werksaam kon wees. Wat uit Hom gespreek het, wonderwerke verrig het en selfs die dood bevel gegee het, was God Self. Wat vir die mense sigbaar was, was mens. Die geloof aan die goddelike sending van die mens Jesus, het ook tot gevolg gehad dat die mense God in Hom herken het, beide as kind, asook in sy leerjare, waar diegene Hom weer eweneens herken het dat Hy dieselfde gees gehad het, en dus 'n lewe gelei het volgens die goddelike wil en hulself daarom ook vir sy Goddelike Wese geopen het. Vir hulle was dit sonder twyfel dat God Homself in Hom geberg het en deur Hom werksaam was. Maar die menslike buitekant het ook in die eersgenoemde soms twyfel laat opkom. Want ook hulle kon die geheim van die menswording van God, van die volledige aaneensluiting van God en mens, nie begryp nie - soos wat dit ook nooit heeltemal verduidelik kan word aan mense wat nie geestelik gewek is nie. Hulle sou dit wel met hul siele kon verstaan het, maar dit kon nooit suiwer verstandelik so voorgestel word, soos wat dit vir 'n volle begrip nodig was nie. Maar nooit ofte nimmer kan en mag die kind Jesus die Godheid ontsê word nie, want Hy was die hoogste genade waardig, dat God homself in Hom geberg het, dat Hy Homself openbaar het aan diegene wat Hom liefgehad het en volgens Sy wil geleef het. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205