BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 269

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

God is nie in dooie materie nie 4519 Begryp tog dat Ek Myself nie smal begrens, of in ‘n spesiaal daarvoor bestemde houer kan ophou nie, of in aardse materie, of op bepaalde plekke en vasgestelde tye nie. Inteendeel, Ek is oral waar ‘n hart tot liefde omvorm het. Slegs ‘n liefdevolle hart kan daarop roem om My in haar te hê en deur My teenwoordigheid verbly wees, want My Oersubstansie is Liefde en dus kan Ek ook slegs bly waar liefde is. ‘n Verganklike houer kan egter nooit ‘n draer van My ewige Gees wees nie. Hierdie mening is maar net ‘n gedagteproduk van geestelik blinde mense, wat so ‘n totale verkeerde beeld van My Wese vorm, wat wel die hele oneindigheid vul en dus orals teenwoordig is, maar wat Hom nooit sal ophou in ‘n begrensde kerk soos wat die mense geleer word nie. Wat dink die mensdom van My, die ewige Godheid? Van welke geestelike armoede getuig so ‘n geloof en hoevêr word die mense nie van die waarheid af gehou deur leraars wat self verkeerd onderrig is nie. Hoe kan ‘n Gees wat die oneindigheid beheer in een materiële vorm verblyf hê, ‘n vorm wat, soos die geestelik ontwaakte mens weet, die gees wat nog op ‘n baie lae trap van ontwikkeling staan, in haarself berg? Wanneer Ek egter vir die hart van ‘n mens ‘n onderskeid maak met My teenwoordigheid, dan stel Ek My in verbinding met die gees wat in die laaste stadium van ontwikkeling staan. Ek vul in ‘n sekere sin die siel met die Krag van My Liefde, die uitstroming van Myself. En volgens die mate van bereidheid om lief te hê, word die toevloei van krag vergroot en vul gevolglik die hele hart. Dus is Ek nou ook Self in die mens teenwoordig. Ek neem besit van hom, sodat hy My ook in alle oorvloed in homself sal dra. Wat sou My dan kan beweeg om Myself in ‘n nog dooie voorwerp, wat nog teen My weerspannig is, op te hou? My teenwoordigheid sou elke vorm laat wegsmelt as dit met My Liefdeskrag deurstroom sou word, en elke weldenkende mens sal die dwaasheid van hierdie denkbeeld insien en sulke dwaalleer verwerp. Die mense het meestal dom opvattinge en hulle laat hulle nie onderrig nie, maar hou vas aan dit wat van hulle gevra word om te glo. En hulle bewys so ’n enorme verering aan ‘n dooie voorwerp, waaraan hulle self ‘n betekenis toegeskryf het – dat dit My moet voorstel, die hoogste en mees vererenswaardige Wese. Slegs ‘n suiwer mensehart wat wat in staat is om lief te hê, is die tempel waarin Ek My ophou en daarom is dit nie nodig om My te soek op bepaalde plekke, op vasgestelde tye, of in ‘n bepaalde vorme nie. Maar elke mens moet hom egter gereed maak om as opnamehouer te dien waarin Ek wil bly. Elke mens moet van sy hart ‘n hart vol van liefde maak, dan sal Ek, as die ewige Liefde, My intrek by hom neem. Hy sal My dan oral en altyd kan aanbid en vereer en Ek sal dan altyd by hom wees, want My Gees sal so met syne verenig, omdat Ek Self in hom sal wees. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205