BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 242

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Vaderliefde van God - Aardse Sorge is onnodig 4414 Waarom maak julle julleself besorg oor julle aardse lewe wat Ek vir elkeen van julle sedert ewigheid gevorm het. Julle sal nie by magte wees om die geringste daaraan te verander nie, want My Wil het dit bepaal en soos My Wysheid dit vir julle goed gevind het, soos wat dit oor julle sal kom, so is dit goed vir julle. Gaan daarom sonder sorge julle weg oor die aarde, want elke dag verloop volgens My Wil en elke gebeurtenis is voorsien sedert ewigheid. Daarmee wil egter nie gesê wees dat julle passief moet wees en julle aardse taak kan verwaarloos nie, want ook dit behoort tot die lot wat vir julle bestem is en elke werksaamheid het ‘n seën tot gevolg. Oor die verloop van dit wat julle egter doen, moet julle vir julleself geen sorge maak nie en so sal julle elke las op My mag plaas, wat Ek gewillig vir julle sal dra; julle sal elke wens aan My kan toevertrou, julle sal alle bedenkinge mag uiter, alles wat julle terneerdruk wil Ek van julle afneem en stil en blymoedig moet julle julle weg oor die aarde gaan, want wat ookal mag gebeur, Ek is op hoogte van elke gebeurtenis en het dit so voorbestem en wat Ek doen is waarlik reg. Alle sorg is onnodig sodra julle julleself eenmaal aan My oorgegee het, wanneer julle julleself aan My en My barmhartigheid toevertrou. Dan neem Ek, as julle Vader, alle sorge van My kinders oor. Julle sal egter self moet sorg dra vir julle siele. Hierdie sorg kan Ek nie van julle afneem nie. Ek kan julle slegs raad gee en julle alle geleenthede bied wat julle ten volle sal moet gebruik vir die heil van julle siele. Hoe meer julle egter julleself hieraan sal oorgee, des te minder hoef julle julleself besorg te maak oor die welsyn van julle liggame, omdat Ek dit van julle sal oorneem, soos wat Ek dit aan julle beloof het. Daaraan sal julle ook die waarheid van My Woord insien, dat Ek aan al julle behoeftes sal voldoen wat julle as My kinders sal hê, want as sodanig is ook julle behoeftes gering, terwyl die kinders van die wêreld groot eise stel, wat Ek moet weier, terwille van hulleself. My kinders laat Ek egter nie gebrek ly nie, want hulle moet altyd die Liefde van hul Vader in die hemel besef, hulle moet vertroud word in die besef van My Liefde en hul geloof moet so ‘n sterkte bereik, dat Ek alles aan hulle kan gee wat hulle vra, terwille van hulle diep geloof. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205