BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 173

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Neem eet, dit is My vlees en My bloed – die geestelike Avondmaal 4115 Ek roep tot Myne: Berei julle voor en weet dat julle gou teruggeroep sal word en dat julle moet voortgaan met die werk waarvoor Ek julle gehuur het. Die dae is getel en slegs 'n paar dae word nog vir julle toegestaan. Dan sal die Waarheid van My Woord aan julle bewys word en julle geloof sal sterk word. Tot dan sal julle egter nog baie verskillende innerlike en uiterlike probleme ondervind, sodat julle in toenemende opregtheid by My kan aansluit sodat Ek julle die krag kan gee wat julle in staat sal stel om julle staande te hou teen alle weerstand en om gewillige arbeiders vir My te word. Ek versoek julle aanhoudend om ywerig te werk aan die verbetering van julle siele, want Ek weet hoe belangrik dit is dat julle nie halfhartig word nie. Ek is Self met julle en rig julle gedagtes aanhoudend na die geesteryk. Ek motiveer julle om kontak daarmee te soek en Ek stuur boodskappers vanuit die koninkryk van lig, wat julle altyd volgens julle begrip sal onderrig, om julle te ontmoet. Ek sal julle Self inlig oor enigiets wat julle wil weet. Dit is nie My wil dat julle deur twyfel ontstel moet word nie, daarom wil Ek dit wegneem deur die oordra van die suiwer waarheid aan julle, sodat wanneer julle ingelig en oortuig is dat julle die waarheid het, dit maklik sal wees om vir My te werk, want dan sal julle ook dit verdedig wat Ek deur My Gees vir julle sal leer. Dit sal in julle spreek net soos wat Ek met julle sou praat indien Ek by julle was. Gevolglik kan julle altyd vrae vir My vra en die korrekte antwoord sal na julle toe kom, want so gou as wat julle geroep word, moet julle julle aardse take los en eers voldoen aan My versoek deur die innerlike stem. Heel eerste wil Ek enige twyfel wat in julle is en julle beswaar, verwyder. Ek wil julle vrae beantwoord, selfs wanneer julle dit nie hardop vra nie, want Ek is bewus van julle mees geheime gedagtes, van julle wilskrag en julle geloof: Eerstens, hou vas aan My Woord wat vir julle aangebied word van Bo. Hierdie woord kom direk van My, of word aan julle gebied deur ligwesens, wat slegs aan My Wil voldoen en julle volgens My instruksies onderrig. Jesus het op dieselfde manier op aarde geleer, want Hy was ook 'n Ligwese wat met die mense gepraat het namens My, dus ook volgens My wil. Dus was Sy woord dieselfde woord wat van My uitgegaan het en daarom kon Hy tereg sê: "Enigiemand wat My hoor, hoor die Vader, want die Vader en Ek is Een." My stem het geklink in Hom, My Krag was aktief in Hom en My Gees het Jesus heeltemal gevul, Wie so deurdring was deur My, dat Hy heeltemal verenig het met My en hierdie volledige eenheid was die gevolg van 'n voorbeeldige lewe van liefde, 'n lewe van onbaatsugtige naasteliefde, wat Ek verwag van alle mense wat volmaak wil word. ‘n Lewe in liefde lei dus tot totale eenheid met My en dit op sy beurt, tot die ontvangs van My Woord, die uitstraling van Myself. Ek is die Woord, dus is die Woord God. Ontvangs en aanvaarding van die Woord is geestelike voeding. Dit is die brood uit die hemel wat deur Myself aangebied word aan iemand wat honger en dors daarna en wanneer Ek mense die brood uit die hemel aanbied sê Ek: "Neem dit en eet, dit is My vlees en My bloed”. Ek is immers self die Woord, vlees en bloed in die geestelike sin. Tydens die geleentheid van 'n fisiese ete, die Avondmaal met My dissipels, het Ek gepoog om die geestelike maaltyd aan hulle te verduidelik, Ek wou hulle aanmoedig om meer dikwels geestelike voedsel in te neem, My vlees en My bloed te geniet in herinnering aan My, want dan sal hulle altyd in staat wees om te verenig met My en hulle sal vol krag wees. Die feit dat Ek terselfdertyd aardse brood gebreek het en werklike wyn gedrink het met My dissipels, was van geen groot belang nie, want My dissipels het geweet wat Ek bedoel het, want hulle was geestelik ontwaak, hulle het 'n lewe van liefde geleef en dus ook My figuurlike vergelyking verstaan. Buitendien was hulle veronderstel om My as voorbeeld te neem, hulle was veronderstel om al hulle besittings te deel met hul medemens wat in nood was, om hulle fisies en geestelik te voed, en Ek het dit verbind aan die belofte van die gee van Myself aan hulle. Hulle moet eenheid met My vind deur alles wat hulle besit te gee aan hul naaste aan wie dit ontbreek, sodat hulle My Woord kan ontvang, waardeur Ek My openbaar aan almal wat met My verenig is deur werke van liefde. Ek het nie verhoed dat mense My woorde gebruik om 'n proses te begin wat slegs as suiwer uiterlik gesien kan word nie, wat slegs metafories uitgevoer word, indien 'n persoon eers My teenwoordigheid verkry het deur 'n lewe van liefde. Ek sal dit ook nooit verhoed nie, sodat dit nie julle vryheid van wil beperk nie, maar Ek sal mense altyd die regte verduideliking laat kry deur ander geestelik verligte mense, wat dan die regte begrip van My woorde sal hê en dit so sal deurgee. Sonder die regte insig sal dit egter bloot 'n onbeduidende formaliteit wees wat net sal toeneem in waarde indien die geestelike betekenis waargeneem word, as mense honger en dors is vir die aanvaarding van My Woord, as hulle hulself so laat voed deur My met die brood uit die hemel, met My vlees en My bloed, ten einde vir ewig verenig te wees met My. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205