BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 563

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Satan as ligengel - Uiting van die goddelike Gees 5240 “Ek sal altyd met julle wees tot aan die einde van die wêreld”. Hierdie Woorde van My moet ‘n bevestiging vir julle wees dat Ek oral daar onder julle sal wees waar julle My by julle laat vertoef. Ofskoon Ek nie sigbaar by julle is nie, is My Gees steeds julle Begeleier. Maar julleself open vir Haar die deur of julle hou dit gesluit, maar dan kan julle ook nie sê dat Ek nie steeds by julle is nie. Julle almal sou My wel by julle kon laat vertoef, indien julle My na julle toe sou trek deur julle liefde. Ja, julle sou selfs deur ‘n verhoogde graad van liefde My beeld in julle kon aanskou. Maar hoe weinig verlang na My en berei vir My daardeur ‘n woning, hoe weinig omvorm hul harte sodat hulle My daarin kan opneem? Desondanks benader Ek ook hulle wat geen verlange na My het nie. Ek kom hulle tegemoet in die Woord, omdat slegs My Woord in hulle die liefde kan opwek wanneer hulle dit hoor en in hul harte oorweeg en dan ook daarvolgens werksaam raak. Hierdie weg na My is nie moeilik nie en tog voer dit sekerlik tot die doel om My teenwoordigheid te ervaar, sodat iedereen sou kon sê: Die Heer is elke dag by my. Die voorwaarde is egter ‘n diep geloof om van My teenwoordigheid oortuig te wees en daardie geloof kan slegs deur die liefde verkry word. Dus is die belangrikste die liefde. Sonder liefde kan daar nooit ‘n verbinding met My tot stand gebring word nie, sonder liefde is alles 'n leuen wat My teenwoordigheid geloofwaardig moet maak. Daarom sien julle almal dat geen mens van My bewus kan word wat sonder liefde is nie, daarenteen het elkeen wat in die liefde leef, My alreeds as ‘n vaste begeleier naas hom. My teenwoordigheid sal egter ook altyd op die een of ander wyse kenbaar wees. Of deur ‘n baie sterk geloof, of deur geestesgawes van die mees uiteenlopende aard, deur die doen van bekeringswerk, deur die hoor van My Stem in ’n wakker toestand, of deur hulpverlening wat ‘n buitengewone krag vereis. Steeds en voortdurend werk My Gees, wat die sigbare teken is van My teenwoordigheid, wat nie ontken kan word by die mense wat onselfsugtig werksaam is in liefde nie. Rig daarom julle aandag op die mense wat hulle as My dienare uitgee en kyk hoe dit met hul liefde tot My en die naaste gestel is, dan sal julle ook weet hoe julle hul geestelike uitsprake moet beoordeel. Die korrekte liefde waarborg julle egter ook My beskerming teen onreine geestelike kragte, wat hulle steeds aan julle mense opdring, wat egter deur julle wese, julle wil om die waarheid te ken en julle strewe om lief te hê, steeds afgeweer word, omdat hulle dan in ‘n sekere sin My teenwoordigheid bespeur en daarom van julle moet wyk. Ewenwel sal julle hul soms tog toegang verskaf, wanneer die mens homself nie onder strenge tug hou nie, d.w.s. as hy deur die geringste liefdeloosheid aan hulle die reg oor hom gee. Want die liefdeloosheid personifieer in hom wat sonder enige liefde is, wat egter ook mag het daar waar dit verleen word. Daarom is steeds die liefde alleen ‘n waarborg vir My teenwoordigheid en om hierdie liefde te beproef is julle almal toegestaan as julle julleself wil oortuig van die waarheid van dit wat as geestelike goedere deur die mense uitgedra word. Ek kom waarlik slegs na julle toe met goeie gawes. Ek sal julle niks aanbied waaraan julle hart haar kan vererg nie. Want Ek is ‘n God van liefde en ‘n troue Vader vir My kinders. En wanneer Ek tot julle spreek, kan julle ook die Stem van julle Vader herken en hoef julle nie te vrees om die slagoffer van ‘n illusie te wees as My Vaderlike Woorde julle hart tref nie. Maar netso moet julle soos kinders na My toe kom, julle moet vol liefde na My toe kom, omdat julle My andersins nie sal kan hoor nie. Sonder liefde sal julle baie eerder ’n prooi word van My teenstander wat julle met valse woorde wil wen, wat julle sal mislei as ‘n engel van die lig, indien hy sukses daarmee kan behaal. Die liefde is en bly dus altyd deurslaggewend. My teenstander kan daarom nooit ‘n liefdevolle mens benader nie, omdat Ek dan Self tussen hom en die teenstander staan, omdat Ek Self die Liefde is. ‘n Goeie en liefdevolle mens kan daarom ook nie deur My teenstander mislei word nie. Maar te alle tye kan My teenstander die mense benader wat in hul binneste die liefde mis, wat nog te veel in eieliefde lewe, wat nog wil uitgaan in die wêreld en daarom op die voorgrond tree omdat hul nog die regte deemoed ontbreek. Ek ken die mensehart en Ek hou Myself afsydig van hulle wat nog sonder liefde is. Maar My kinders maak Ek gelukkig met My aanwesigheid. Hulle kan altyd seker daarvan wees dat hul liefde My steeds na hulle toe sal trek, dat hulle hulself aan My kan toevertrou, dat Ek My intrek by hulle kan neem en ook by hulle sal bly, omdat liefde Liefde aantrek en haar onverbreeklik daarmee verenig. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205