BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 575

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Nagmaal - en “Wie in die liefde bly”. 5276 Wie in die liefde bly, bly in My en Ek in hom. Die liefde is dus die eerste middel om jouself van My krag te verseker. Dit wil sê: Ek kan direk in jou wees. Jy het My self in jou hart opgeneem wanneer jy werke van liefde verrig, wanneer die liefde jou hart vervul. So en nie anders moet die verbinding tussen ons - die nagmaal - verstaan word, want sonder liefde kan Ek nooit in jou vertoef nie, omdat Ek tog self die Liefde is. My oerwese is liefde. Nie dat die liefde net 'n eienskap van My Wese is nie, maar Ek is die Liefde Self. Om dit te verstaan, is vir julle mense op aarde nie moontlik nie, want daarvoor is 'n sielerypheid van die hoogste graad nodig. Daarvoor is 'n boaardse begrip nodig om My wese te deurgrond. Maar jy sal My nooit heeltemal kan deurgrond nie. Daar is immers tussen die Skepper en Heerser van die hele oneindigheid en Sy skepsel 'n geweldige verskil, wat wel sterk verklein, maar nooit heeltemal opgehef kan word nie. En slegs die liefde bring die kleiner wording tot stand. Slegs die liefde bring 'n voortdurende naderkom aan My tot stand, wat tot 'n volledige versmelting kan kom, maar tog nooit die individualiteit van 'n siel ophef nie. Maar daarin lê ook die grenslose geluksaligheid wat uit die voortdurende vurige verlange na vereniging met My en die vervulling daarvan bestaan. Op aarde kan die vereniging met My al plaasvind deur onselfsugtige werksaamheid in liefde, omdat Ek self dan steeds deur jou genooi word om direk in jou werksaam te wees. Maar Ek laat My baie graag deur jou nooi, omdat My Liefde My na jou toe trek en na beantwoording van jou liefde verlang. 'n Verbinding van julle mense met die ewige Liefde is op geen ander wyse moontlik nie, as dat julle die liefde moet beoefen, sodat Ek dan self in julle teenwoordig kan wees. Watter uitwerking My teenwoordigheid op jou sal hê, dit sal julle dan almal self kan ervaar. Want elkeen wat aan My toegang tot sy hart verleen, deur werksaam te wees in die liefde, sal My ook in 'n bepaalde vorm voel en sal die vrede van sy siel vind. Waar Ek teenwoordig kan wees, werk Ek van binne af op die mens in. Sy lewende geloof, sy verligte denke, sy insig in die waarheid, heldere beskouing van die toekoms of gawe van profesie, of ook die krag om siekes te genees - dit is alles uitwerkings van My teenwoordigheid; My Liefde vir diegene wat My liefhet, sodat Ek Myself aan hom kan openbaar, openlik of ook in die verborgene, in diepe, stille gelowigheid, aan 'n saggeaarde, bomatig liefdevolle wese, in gedurige lyding en voortdurende oorgawe aan My wil. Dit alles kan die mens alleen doen wanneer hy deur My krag deurstroom word wat altyd 'n teken sal wees van My teenwoordigheid in hom, 'n gevolg van die Liefde wat hom vervul. Ekself as die ewige Liefde kan slegs daar vertoef waar liefde is. Maar Ek kan ook nooit ver weg van diegene wees wat in liefde lewe nie en moet gevolglik ook herkenbaar wees. Want die liefde is krag en krag sal steeds werksaam wees, dus sal krag voortdurende veranderinge duidelik sigbaar laat word in die wese van 'n mens, of sal in sy geestelike vermoëns tot uitdrukking kom, in die vermeerdering van die kennis en insig van die goddelike waarheid, in voortdurende toenemende sielerypheid en die uiteindelike bereiking van die laaste doel op hierdie aarde, naamlik van die hoogste graad van rypheid wat die mens ’n kind van My sal laat word en ook sal bly tot in alle ewigheid. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205