BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 263

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Keerpunt - Die oorlye van ‘n aardse maghebber 4493 As die nuus oor die afsterwe van ‘n aardse maghebber julle sal bereik, het julle op die tydstip aangekom, wat julle die begin van die einde sal kan noem. Dan sal die aarde ‘n brandende stoof word, die vlamme sal oplaai, ongeremd sal die haat woed en die mensdom sal deur afgryse bevange word, want hulle sal geen uitweg meer sien uit die gevaar wat onafwendbaar is nie. Dan word julle (My dienaars) deur My aangespoor om te spreek, want wanneer alles in oproer sal wees, sal ‘n groot rustigheid homself van julle meester maak, omdat julle duidelik sal insien dat die tyd waarin Ek Myself sal openbaar naby is, en julle dit dus vir die mense wat na julle sal luister, bekend sal maak. Die mense sal hul van alle kante omring voel deur vyande en daarom geen hoop hê op ‘n vreedsame oplossing nie. Daarom sal die angs buitengewoon wees waar geen geloof in die Een wat alleen kan help, teenwoordig is nie. So sal mense slegs let op die gebeurtenisse in die wêreld. Die mens sal angstig trag om vir hulself te sorg en omdat hulle die groot aardse nood sien losbars, sal hulle angstig trag om hulself te verseker van aardse goedere, en aanstaltes maak om te vlug, ofskoon dit vir hulle uitsigloos skyn te wees. Slegs die gelowiges sal nugter bly en van hulle sal Ek My nou laat bedien om op hul medemens in te werk, wat in hulle ongeloof ongelukkig en vertwyfeld sal wees. Ek poog nog eenmaal dat die mense My kan leer ken en Ek laat My dienaars met hulle praat, en praat Self deur hulle Woorde van liefde en bemoediging. Ek waarsku hulle om nie te vlug nie en nie maar net vir hulle liggaamlike welsyn te sorg nie. Ek stel die uitsiglose van hulle voornemens vir hulle voor die gees en vermaan hulle om vol te hou en hulle lotsbestemming in My hande te lê en gevolglik alles sy loop te laat neem. Die brand sal dan ontsteek het en sal nie meer deur mense gedoof kan word nie, maar Ek sal hom laat uitdoof, deurdat Ek ander elemente daarteenoor sal plaas, deurdat Ekself diegene tegemoet sal tree wat mekaar onderling wil pynig. My stem sal van bo af weerklink. ‘n Natuurkatastrofe sal die aarde teister en die strydendes van mekaar aftrek, want daar sal hulle ‘n Mag tegemoet tree waarteen geeneen van die strydendes opgewasse sal wees nie. Die gebeure sal ‘n paar uur duur, maar ‘n totaal veranderde toestand in die wêreld teweegbring, volledig veranderde verhoudinge en ‘n, in die begin, onoorsigtelike chaos, grootste aardse nood en onbeskryfbaar baie droefnis en nood onder die mense. Julle sal dit alles egter moet verdra, want dit loop einde se kant toe en baie moontlikhede om te suiwer moet nog verskaf word, omdat die mense almal maar nog ‘n kort lewensduur sal hê en volmaak moet word in die kortste moontlike tyd. Die einde is naby en sodra die tyd begin, sal julle met sekerheid ook spoedig die laaste dag kan verwag en die laaste oordeel, sodat vervul kan word wat verkondig is deur Woord en Geskrif. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205