BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 423

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Berou van die siele wat die goddelike genadegawe afgewys het 4887 Die siele wat Ek deur My Woord benader het, bevind hulle in groot geestelike nood, omdat hulle dit egter nie aangeneem het as die Stem van die Vader nie. Want die vermoë om dit in te gesien het, het hulle, slegs die wil tot ernstige ondersoek het by hulle ontbreek. Eens sal hierdie siele egter tot insigte kom en dan sal hulle berou baie groot wees, omdat hulle nie die kosbare genadegeskenk van My benut het nie en hul selfverwyte sal hulle kwel soos wat hulle nie nou eers kan bedink nie. Wie nou My genadegawe aangebied word, is in ‘n sekere sin geroep tot geestelike werksaamheid, omdat Ek die rypheidsgraad van die siel ken van hom wie Ek wil help om omhoog te kom. Hy sal in staat wees om te begryp, sodra hy bereid sal wees om in die waarheid te lewe. Hy moet dus nou kies, naamlik om die ewige waarheid tegemoet te gaan, of om die wêreld in te gaan. Nou hang dit van sy eie wil af welke weg hy gaan kies. Hy kan enige van die twee weë gaan, maar as hy uit homself die verkeerde gaan, moet hy self daarvoor verantwoording doen. Die siel voel dit onbewustelik aan en verkeer daarom in moeilikheid, ofskoon die verstand van die mens sulke bedenkinge wil verdryf. Dit is groot geestelike teenstrydighede waarmee die siel en die verstand nou teen mekaar afspeel en salig is die mens wanneer die siel die verstand nog kan oortuig van sy dwaling voordat dit te laat is, dus voordat die siel die aardse omhulsel verlaat. Maar gaan sy die geesteryk binne in ‘n toestand van duisternis, dan brand die lig wat haar moes verlig soos ‘n vuur in haar. Want die bewussyn dat sy deur eie skuld in die duisternis verwyl, bly haar ook in die toestand van onwetendheid by, omdat die lig haar ontneem is, wat My Liefde en genade vir haar wou ontsteek het. Sy leef dan in groot pyn, verlangend na hierdie genadegawe, wat nie meer aan haar geskenk kan word nie, omdat sy dit eenmaal versmaad het. Weliswaar kan sy van die kant van die ligwesens gehelp word, maar die siel herken hulle nie as bringers van die lig nie. Dog word die vrye wil van die siel op ‘n ander wyse op die proef gestel, sodat sy weer ‘n keuse het: óf om die ligsiel te volg, wie homself weliswaar nie laat herken nie, maar wat haar helpend wil bystaan, óf om weer in haar strydhoofdigheid te volhard en die hulp van die ligwesens af te wys. Soos wat die mens nie op aarde gedwing word om die lig aan te neem wat van Bo na die aarde neerstraal nie, so is ook die wil van die siel in die geesteryk deurslaggewend hoe haar ingesteldheid is teenoor die hulp wat My ewige Liefde haar altyd ten deel laat val om haar opwaarts te lei. Op aarde het sy My oorgrote genadegawe ontvang in My Woord, wat die geestelike rypheid met sekerheid vir haar sal gee. En daarom is dit onverantwoordelik om geen ag te slaan op My Woord nie, wat haar van bo aangebied word en haarself onverskillig of heeltemal negatief daarteenoor instel. Begryplikerwys moet dit ‘n siel ten seerste beklem wanneer sy geen aandag geskenk het aan die sekerste middel om die ewige lewe te bereik nie en nou in ‘n betreurenswaardige toestand in die geestelike gebiede vertoef, waar duisternis en onsaligheid heers. Maar dit was haar vrye wil, want sy het vir haarself deur haar wil hierdie erbarmlike toestand geskep en moet dit nou verdra, of weer uit vrye wil ‘n verandering nastreef, dus om elke geleentheid te benut wat My Liefde en erbarming nog aan hierdie siel in die hiernamaals verskaf, sodat sy tog nog opwaarts kan gaan en in die ligryk kan ingaan, al is dit ook ná ‘n eindelose lang tyd. Slegs haar wil besorg vir haar die lot in die ewigheid. Haar wil wek die siel tot lewe, maar kan ook die aanleiding wees tot die geestelike dood. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205