BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 403

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Ware dissipels - Hoe die dwaalleer ontstaan het 4842 My dissipels was deur My Gees verlig en daarom het hulle korrek onderrig. En wanneer hulle mense vir My en My ryk gewerf het, kon hulle nie anders praat as wat Ek hul in die mond geplaas het nie, wat My Gees dus aan hulle geopenbaar het. En hulle het dus dieselfde geleer as wat Ek Self op aarde tot die mense gepredik het. Hulle het die mense in My Naam onderrig, hulle het in My plek gespreek en sodoende het hulle die suiwer evangelie aan die mense verkondig soos wat dit My wil was. En steeds sal diegene wat op dieselfde wyse deur My Gees verlig is, ook hulle ware opvolgers wees, want slegs hulle sal die waarheid praat, hulle alleen sal My ware verteenwoordigers op aarde wees. Wie egter nie deur My Gees verlig is nie en tog preek, sal nie die suiwer waarheid uitdra nie. Want ‘n mens in wie My Gees nie werksaam is nie, sal die waarheid verdraai, hy sal My Woord, wat Ek eens gespreek het, verkeerd uitlê. Hy sal dwaling verkondig, ofskoon hy deur studie kennis sy eie gemaak het en nou dink dat hy bekwaam is om sy medemense as leraar te onderrig. Die eenvoudigste verklaring hiervoor is egter: Waar My Gees nie kan werk nie, daar is die gees van My teenstander werksaam en dit natuurlik op ‘n wyse wat in stryd is met die waarheid. En daaruit volg dit hoe maklik dit moontlik was dat My suiwer leer misvorm geword het en nou in ‘n verwronge vorm vir die mense aangebied word. Om My gesproke Woord geestelik te begryp, soos wat Ek wil hê dat dit begryp moet word, vereis ‘n werksaamheid van die gees in die mens. Dit vereis ‘n verligte denke en ‘n lewenswandel heeltemal volgens My wil. Hierdie lewenswandel bestaan egter nie uit die vervulling van kerklik opgelegde gebooie nie, maar slegs in die vervulling van My gebooie, naamlik die gebooie om God en die naaste lief te hê. ‘n Lewe in die liefde maak die mens geskik as opnamehouer van My Gees en slegs so ‘n mens is bekwaam om sy medemens te onderrig. Hy alleen het die insig van die geestelike betekenis van elke Woord van My en hierdie insig is onvoorwaardelik nodig om die growwe dwaling wat die mense in My Woord gemaak het, te herken. Hierdie kennis wat dus deur My Gees aan ‘n mens gegee word wat My wil dien, gee hom die bevoegdheid om te onderrig en dan vind elke onderrig ook plaas met die bystand van My Gees. Wie vir My werk, sal nie iets uitspreek wat nie volgens My Wil is nie, want Ek wil dat die waarheid vir die mense gegee word. Daarom beheers die gees van onwaarheid egter die mense, omdat My Gees, wat die waarheid wil oorbring, Haarself nie meer kan uiter aan hulle wat van mening is om die opvolgers van My dissipels te wees nie, wie dus die leraarsamp uitoefen en tog self nie met die Gewer van die Waarheid in verbinding staan nie. Hulle lê wel My Woord uit, maar die geestelike sin daarvan is heeltemal onbekend aan hulle. Hulle leer wat hulle vaders hul geleer het. Sonder om na te dink, neem hulle hierdie lering aan en onbekommerd gee hulle dit ook vêrder, sonder om daaraan te dink dat hulle ook eendag vir elke woord sal moet verantwoording doen. Hulle is dus self geestelik blind, blinde leiers van hul medemens. In plaas daarvan om hulle na die waarheid te bring, lei hulle die mense steeds vêrder van die waarheid af weg. Hulle hou ‘n leer as die “leer van Christus” voor, wat Ek nooit as te nimmer op aarde verkondig het nie. En dit gebeur slegs omdat hulle op die letter afgaan en die ware sin nie begryp nie, omdat My Gees hulle nie kan verlig nie. Hulle soek nie die Waarheid nie, omdat hulle dink dat hulle Haar besit. Sodoende soek hulle My nie en daarom kan Ek hulle nie in aanraking bring met die Waarheid nie. Want as hulle My sou gesoek het, sou hulle ook in die liefde gelewe het en My ook herken het, want Ek openbaar My aan elkeen wat in My glo en My gebooie onderhou. Wie My volgeling wil wees, moet My navolg soos My apostels. Hy moet lewe in onbaatsugtige naasteliefde, omdat sy gees in hom sal ontwaak, omdat hy deur die liefde die verbinding sal maak en dan kan hy self deur My onderrig word soos wat daar geskrywe staan: “Julle moet slegs deur My onderrig word”. My Gees sal hom in die waarheid intrek en eers dan sal hy My ook op aarde kan verteenwoordig. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205