BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 293

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Ek sal die Trooster na julle stuur (oënskynlike teenstrydighede) 4580 My Gees sal julle in die waarheid lei, soos wat Ek belowe het: “Ek sal die Trooster na julle stuur, die Gees van Waarheid, wat julle in alle Waarheid sal lei en julle sal herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.” Wie dus hierdie gees van My in hom sal laat werk, sal ook in die waarheid staan en sonder beswaar alles kan aanneem wat die Gees uit My aan hom sal oordra. Die werksaamheid van die gees is dus die voorwaarde om in die waarheid te staan. Dink eers ernstig hieroor na en dan sal julle ook weet wat julle sal kan glo wat van My afkomstig is. Sodra julle My woorde in herinnering roep wat Ek op aarde tot My dissipels gespreek het en wat My dissipels ook tot alle mense gespreek het, sal julle nie kan verwerp dat julle die suiwer waarheid op 'n manier sal kan ontvang soos wat Ek vir julle aangekondig het met die woorde: “Ek sal vir julle die Trooster stuur, die Gees van die Waarheid”. En in My woorde het Ek vooraf gesê dat Ek My intrek wil neem by diegene wat hul harte vir My sal gereedmaak. Dat Ek hulle nie alleen wil laat nie, dat Ek Myself aan diegene wil openbaar wie My liefhet en My gebooie onderhou. Daaruit volg dit dus dat My openbaringe vanuit die innerlike moet kom. Dat Ek, wanneer Ek My intrek geneem het in die hart van 'n mens, Myself ook in die hart sal uiter en dat dit tot gevolg sal hê dat die mens My stem sal verneem deur die innerlike woord. En weer het julle 'n bewys dat julle dus hierdie stem sonder beswaar kan glo. Want Sy is die uiting van My Liefde vir Myne, wat daarom tot Myne gereken kan word, omdat hulle Myself in hul harte opgeneem het. Omdat Ek My intrek in hulle kon neem. Dus het julle nou My woord, die bekendmaking van My wil, die waarheid in die suiwerste vorm. Julle hoef dus nie van buite af onderrig te word nie, indien julle My self as julle leermeester erken en julleself aan My toevertrou. Daar sal dus 'n direkte omgang van julle met My moontlik wees. En dit sal julle vereers moet erken om volgens waarheid onderrig te word. Dan kan julle daarna streef om uit ’n betroubare bron die waarheid in ontvangs te neem. En julle sal ook oortuig kan glo wat aan julle oorgedra is. Want hierdie kennis kom nou na julle toe in 'n toestand van volle bewussyn. Ek spreek tot julle en julle hoor My. Ek spreek egter tot julle deur julle hart. En julle hart verneem My stem, maar nie julle liggaamlike oor nie, wat maar slegs die van buite gebragte woorde kan opneem. Indien julle My woord van binne kan hoor, dan weet julle dat dit Ek Self is wat My uiter. Hoor julle daarenteen die woord van buite, dan sal julle die plek waar dit vandaan vandaan kom, moet ondersoek. Want van buite kan baie vir julle aangebied word en van buite kom ook My teenstander na julle toe, dus sal julle dit ernstig moet ondersoek. En wanneer julle dit ernstig sal ondersoek, het julle ook die wil in My, die Grondlegger, te vinde van dit wat julle aangebied word. As julle My dus self wil hoor praat, dan sal Ek sekerlik julle wens vervul. En dan sal elke woord wat aan julle toegestuur word, waarheid wees, as dit aan julle oorgedra word deur dienaars wat My toegedaan is. En dit sal vir julle 'n seker teken wees, naamlik dat Ek elke vraag van julle sal beantwoord wat julle aan My sal voorlê om te beantwoord. Julle almal sal steeds onderrig word op 'n wyse wat aangepas sal wees by julle graad van volwassenheid. Julle sal die diepste wysheid eers kan opneem wanneer julle 'n bepaalde graad van volwassenheid bereik het, waar julle deur die geestelike ryk ingelig sal kan word op 'n onverbloemde manier, wat vir julle begryplik sal wees wanneer julle My werksaamheid op aarde daarmee sal vergelyk, waar Ek steeds in gelykenisse - in beeldspraak - tot die mense gespreek het om dit vir hulle verstaanbaar te maak. So het ook hierdie verborge onderrigting die doel om die mens tot nadenke aan te spoor, sodat hy sal binnedring in die geestelike kennis en dit nie net oppervlakkig met sy liggaamlike ore sal inneem nie. Gee Ek My woord soos nou onverborge, dan word daar 'n graad van volwassenheid vereis om 'n korrekte begrip van My woord te waarborg. Inhoudelik sal daar nou geen teenstrydighede voorkom nie, sodra beide die verborge, asook die direkte woord van bo in onverborge vorm, dieselfde oorsprong sal hê nie, sodra alle onderrig dus van My uitgegaan het. Maar hierdie navorsing sal julle eers moet verrig, waarby julle slegs vir My hulp sal hoef te vra om 'n korrekte oordeel te vel. Onthou dat ook die teenstander werksaam is. En juis wanneer die mense hom probeer ontvlug, wanneer hulle na die waarheid streef om My te herken en te leer liefhê. Dan sal hy steeds probeer om die lig te verdoof of te verduister en sal ywerig aan die werk wees waar die geleentheid hom sal voordoen. Om julle mense nou by te staan en die werksaamheid van hierdie mag kragteloos te maak, gee Ek aan julle uitsluitsel deur draers van die waarheid waar onsuiwer kragte julle denke op 'n dwaalspoor gebring het. Wat van bo kom, is waarheid, wat van benede kom, is dwaling en leuen. Waar regstreekse geestelike werksaamheid van binne herkenbaar is, kan daar slegs kragte van bo werksaam wees wat My uitstraling ontvang en verder deurgee. Maar waar kragte in 'n vorm in die onbewuste toestand werk, daar word versigtigheid gebied. Want 'n willose vorm kan ook deur 'n duistere krag gebruik word, al is dit ook maar vir 'n kort tydjie. Maar die medemens bepaal dikwels self die uitlatings wat deur so 'n vorm gemaak word, deur hul eie gedagtes en begeertes, wat dadelik aangegryp word deur die kragte wat hulself nou deur so `n vorm hoorbaar uiter. Want sodra daar onder die toehoorders sterk wilskragtiges is, sal hul gedagtes ook 'n sterk invloed hê en nou - na gelang van hul waarheid - deur lig- of duistere kragte aangegryp word en hoorbaar tot uitdrukking gebring word. Daarom moet die mens, by die in ontvangs neem van geestelike leringe, homself steeds vrymaak van sy eie kennis. Hy moet homself deemoedig en soos 'n onwetende kindjie laat onderrig. Dan sal die suiwer waarheid ook na hom toe vloei, want daar is geen weerstand teenwoordig wat so-iets kan verhinder nie. Vele sal hulle vererg dat daar 'n skynbare teenstrydigheid aan die lig kom, maar My Gees deel steeds dieselfde aan die mense mee. Dit word net nie deur almal gelyk verstaan nie. En selfs die wat My woord ontvang, is nie vry van eie gedagtes, sodra hulle hul blik op die wêreld rig en die wêreldgebeure in verband bring met die geestelike. Verder was My heilsplan van ewigheid vreemd vir die mense van die tyd waarin Ek op aarde vertoef het. En die verklarings wat Ek aan die mense gegee het oor die toekomstige tyd, was so gegee dat slegs die volledig tot liefde omvormde mens `n korrekte voorstelling sou kon maak van die laaste tyd, van die laaste oordeel en die einde. By ander het die insig ontbreek en 'n duidelike voorstelling van die laaste gebeure sou vir hulle geen voordeel opgelewer het nie. Want hulle het nog gestaan voor hulle spesiaal aangekondigde oordeel, vir die verwoesting van Jerusalem, wat vir die mense eweneens die afsluiting van ’n tydvak beteken het en dit vir hulle nader gelê het as die einde. So het die mense wel kennis gekry van 'n hernuwing, van 'n geestelike ommekeer, maar met die toevoeging, dat dit meer betrekking gehad het op die verandering van die mense, as op die omvorming van die aarde, omdat die kennis oor die laaste nie vir hul geestelike toestand bevorderlik was nie. Maar nou rig Ek My tot die mense wat die laaste periode op hierdie aarde gaan beleef. Ek wend My tot diegene wat 'n sekere volwassenheid van siel verwerf het en daarom ook die begrip sal hê vir dit wat gaan kom. Aan hulle gee Ek totale opheldering en Ek dra hulle op om hul medemens daarvan in kennis te stel. Maar geloof sal slegs by diegene gevind word wat juis sal streef na volmaaktheid en wie ook in staat sal wees om te oordeel, wie 'n helder gees sal hê, wie My heilsplan sal ken en daarom weet dat daar geen ander moontlikheid meer is as 'n totale omvorming van die aarde nie, ter wille van die siele wat diep geval het en tog eendag verlos moet word. Nou spreek Ek tot die mense van die eindtyd, maar ook vroeër was My woorde nie in teenspraak met mekaar nie. Ek het as die mens Jesus gespreek soos wat Ek dit gesien het en is daarby verhinder om die einde te sien soos dit sou kom. Ek het die veranderde mensdom gesien, maar nie die veranderde aarde nie, omdat dit God behaag het om die destydse mense in onkunde daaroor te laat. Dat en hoe lank die aarde ten behoewe van die vorming ’n blyplek van die geestelike sou bly, dat sy dus as aardse skepping verder sou moes bly bestaan, sou wel vir die mense duidelik gemaak word. Die omvorming van die aardoppervlak , betref die positiewe ontwikkeling van die gees wat in die materie gebonde is en die hernude kluistering van die gees wat as mens beliggaam was en die geloofs- en wilsproef nie deurstaan het nie. Beide begrippe was vir die mensdom nog onverstaanbaar. Hulle het slegs een aardse wêreld onderskei, soos wat sy bestaan het, en een suiwer geestelike wêreld. En die mense het slegs opheldering daaroor gekry dat die aarde, as materiële wêreld, nog nie uitgeskakel kan word nie en dat verdere ontwikkeling gedurende eindelose lang tye nog op hierdie aarde sal moet plaasvind. Want die aarde as hemelliggaam sal nie vergaan nie. Sy sal slegs na die laaste oordeel in ’n heeltemal nuwe vorm haar taak vervul, en dan sal daar dus 'n nuwe ontwikkelingsperiode begin, met 'n paradysagtige toestand, saam met die mense wat vooraf weggeneem is, omdat hulle in die laaste geloofstryd hul trou aan My bewys het, omdat hulle volgehou het tot aan die einde en daarom geluksalig sal word in nouste verbinding met My en die geestelike ryk vol van lig. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205