BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 105

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Die afloop van 'n ontwikkelingsperiode -Moeilike stryd om te bestaan 3926 Groot is My Mag en onbuigsaam My Wil, want My Wysheid bepaal dit en My Liefde voer dit uit, en wat Ek het sedert ewigheid as geneesmiddel daargestel vir die wesens wat vêr van My af is, gebruik Ek ook onherroeplik om die wesens te hulp te kom in hul nood, wat die gevolg is van hul verwydering van My. Ek het ook sedert ewigheid die geestelik lae vlak van die mense in hierdie tyd voorsien. Ek het sedert ewigheid die verkeerde wil voorsien, wie die afstand na My vergroot het in plaas daarvan om dit te verklein. En waar hierdie gevaar bestaan, sal Ek die agteruitgang teëhou. Ek sal dit afbreek om 'n nog dieper afval te verhoed wat weer ewighede nodig sou hê om die wese tot die graad van ontwikkeling te bring waar hy die vrye wil sal kan benut, en dus moet hierdie tyd in vervulling gaan. 'n Ontwikkelingsperiode sal dan ten einde loop, soos wat dit in Woord en geskrif verkondig is. En wat homself nou gaan voltrek, is die werk van My Liefde, My Wysheid en My Wil. En julle, mense van hierdie aarde, sal getuie wees van dit wat geskryf staan en wat Ek steeds weer opnuut verkondig deur My dienaars op aarde. Want julle is in die laaste tyd. Julle sal iets groots meemaak, verskriklik vir almal wat nie glo nie en oorweldigend verhewe vir hulle wat My erken en aan My Woord dink. En ondanks alle nood sal hulle steeds My Liefde en My Almag bemerk en hulle vol vertroue daaraan oorgee. Ek sal hulle Self lei, sodat hulle hul doel kan bereik. Wat daar egter op en in die aarde sal afspeel, sal vir die menslike verstand ondenkbaar wees. Dit sal immers uniek en so ongewoon wees dat niemand in staat sal wees om te dink op welke manier My Mag en My Wil Homself openbaar nie. Die mense wat hulle nie van die aarde wil losmaak nie, sal wel voortdurende heropbou nastreef, hulle sal probeer om al die verlore weer te vervang, hulle sal aards skep en werksaam wees om hulle in besit van goedere te stel, maar Ek sal steeds weer hul pogings vernietig, sodat hulle die nutteloosheid daarvan sal insien en daarvan afsien en ernstig aan hul siele dink, aan die onverganklike soos wat dit die bedoeling was vir elke mens afsonderlik. Daarom sal die stryd om te bestaan verder gaan. Niemand sal tot rus kom en niemand sal die vrugte van sy aardse strewe kan geniet nie, tensy hy heeltemal die eiendom geword het van hom wat hom van My afvallig wil maak. Dan sal hy wel aards 'n goeie lewetjie kan lei, maar dit sal ook duidelik sigbaar wees dat hy ’n aanhanger van die Satan is, want sy handeling sal net liefdeloosheid en haat verraai, en sy luukse lewetjie mag nie vir die mense as ’n voorbeeld gestel word nie. Diegene met wie Ek egter nog nie heeltemal opgegee het nie, moet stry, en 'n swaar stryd om te bestaan moet vir hulle die bewys wees dat Ek vol Liefde aan hulle dink en hulle na My toe wil trek. Ek sal alles van julle moet wegneem wat vir julle nog aards begerenswaardig lyk, indien Ek julle harte wil wen; julle wil, wat hom na My moet wend voordat dit te laat is, en daarom sal die komende tyd steeds moeiliker word vir julle, want dit loop na die einde. Maar sodra julle julself onvoorwaardelik aan My toevertrou, sodra julle jul wil aan Myne onderwerp het, sodra julle My alleen laat heers en julleself geheel skik volgens julle lot, sal My algehele sorg ook vir julle verseker wees. Die probleme van die lewe sal dan draaglik wees vir julle wie Myne geword het deur julle wil. Dan sal die laaste groot gebeurtenisse julle ook nie meer laat skrik nie. Julle sal weet dat dit My Werk en My Wil is. Julle moet ook besef dat dit slegs die laaste middel sal wees om die dwalende siele te red. Julle sal ook weet dat die verlossing spoedig op pad is, dat die einde spoedig sal kom en Ek julle Self sal kom haal om vir julle 'n vreedsame en geluksalige paradys te berei, waar alle nood tot einde gekom het. My besluit is egter onafwendbaar. Die tyd waaroor daar geskryf is, is vervul. Die mensdom slaan geen ag op My Woord nie en kan slegs nog deur 'n buitengewone gebeurtenis van gedagte verander. Ter wille daarvan sal alles wat onbegryplik en uitermate wreed lyk, oor die aarde kom. My Liefde en Wysheid beskou dit egter sedert ewigheid as voordelig vir die siele en daarom verwesenlik My Wil dit wat sedert ewigheid beplan is. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205