BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 247

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Duiwelse invloed op die ligdraers - Stryd teen die waarheid 4438 Die duiwelse invloed is veral sterk waar die waarheid op die punt staan om deur te breek en daarom word julle dikwels deur gedagtes gepla wat deur die wesens na julle toe stroom en wat bedoel is om julle ongeskik te maak vir die opneem of uitdra van die waarheid. Lig en skadu is steeds saam, die stryd van die lig teen die duisternis vind steeds plaas en die wil van die mens is bepalend welke kragte sal seëvier. Waar lig, d.w.s. die waarheid is, daar drom die duistere wesens ook saam om dit uit te doof, om die waarheid deur leuen en dwaling te verdryf. Die uitwerking daarvan is so dat alle geestelike arbeid swaarder gemaak word vir die draers van die Lig, sodra hulle nie die sterk wil het om onafgebroke werksaam te wees vir God en Sy Ryk nie. Dan moet ‘n draer van die Lig krag uit God onttrek en sal dan teen elke invloed van duiwelse kant weerstand kan bied, dan is hy sterker as die krag van die duisternis, dan het hy ’n gees wat vol lig is, as ‘n beskermende muur om homself en kan elke invloed en elke verkeerde gedagte afweer. Die krag van die wil mag nooit verslap nie, want dan kan die duiwelse kragte ook niks tot stand bring nie. ‘n Draer van die waarheid sal egter steeds die nabyheid van die wesens bemerk wat teen die waarheid stry, in soverre dat die geestelike arbeid moeiliker verloop, dat belemmerings en hindernisse dit beïnvloed en die mens ook steeds weer om nuwe krag van God moet vra en homself dus steeds inniger by God moet skaar, indien hy nie swak wil word en die demoniese kragte laat seëvier nie. Hy bly egter nooit sonder hulp nie, want waar die lig eenmaal na die aarde gelei kan word, is ontelbare ligwesens bereid tot verdediging en wie eenmaal vir God sy dienste aangebied het, die sal in Hom ook ‘n troue helper en raadgewer vind, Wie hom nooit aan die vyand sal oorlaat nie, maar hom veel eerder teen sy invloed sal beskerm. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205