BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 97

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Genade?

1023 Begeer die goddelike genade en die lewe sal vir julle vervulling oplewer, want julle siel en gees sal volwasse word en julle sal die aardse lewe nie nutteloos geleef het nie. En hulle wat die goddelike genade het, is onvergelyklik ryk te noem, ofskoon hulle in hul aardse lewe baie swaarkry ken, want wat hulle ontbreek vir die welsyn van hul liggame, is hulle veelvoudig aangebied vir die siel. Dit is baie waardevol om te weet dat jy onder goddelike beskerming staan. En wie in die genade leef, word deur God bewaar teen alle gevare vir sy siel. En alle barmhartigheidsgeskenke vergroot die prestasievermoë van die siel van die mens en bring die siel nader aan die doel, naamlik die eenwording met sy Gees uit die Heer. Hoe onuitspreeklik arm daarenteen is die mens wat dink dat hy sonder goddelike genade kan bestaan. Sy lewe is in `n geestelike opsig leeg en hy gaan steeds oor vlakke grond, maar klim nooit opwaarts nie, want die goddelike genade is immers die toonbeeld van die goddelike leiding. Wie om genade bid, sal nie daarsonder gelaat word nie. En om goddelike genade te ontvang, beteken om van alle eie verantwoording onthef te wees, want God Self neem Sy mensekind aan die hand en lei hom, omdat hy te kenne gegee het dat hy na Hom toe wil kom en homself aan Hom toevertrou. "Neem my aan en beskerm my. Ek wil niks anders hê as om deur U gelei te word nie", moet julle gebed klink in die gees. En die Vader in die hemel sal sy kind voortaan nie meer alleen laat gaan nie. Hy sal alle krag ontvang, want dit is die genade van God. Hy sal hom alles gee wat hom ontbreek, naamlik ware insig, `n sterk wil en krag om alles te verrig wat Hy van Sy mensekind verlang.

Wie dus `n beroep doen om genade, sy liggaam sal ook kan uitvoer wat van hom gevra word, d.w.s. die liggaam sal rekening hou met die begeerte van die siel, en sy sal nie meer gerig wees op aardse besit en genot nie, maar enkel en alleen uitgaan na haar vereniging met die goddelike Gees. En dit is die werking van die genade, wat waargeneem kan word deur enigiemand wat die Vader in die hemel in `n innige gebed om genade smeek. Genade is alles wat julle geestelik vooruit help. Genade is alle gedagtes wat aan julle oorgedra word en wat julle na omhoog dui. Genade is alle belewenisse wat julle geestelik raak. Genade is die bymekaarbring van geestelike verwante mense. En genade is elke Woord wat van bo af na julle toe kom. Alles wat julle help om julle te skei van die wêreld, is goddelike genade. En hierom moet julle onophoudelik vra, want dit staan julle onmeetlik ter beskikking. Maar julle wil moet self daarop gerig wees en julle harte moet die Vader in die hemel kinderlik deemoedig daarvoor vra. Dan sal julle nog iets groots op aarde bereik en julle einde sal gelukkig wees. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205