BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 219

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Oortreding van die goddelike gebooie – Sonde - Gebondenheid

2059 Sonde is om in stryd op te tree teen die goddelike gebooie, want dit vergroot die verwydering van God in soverre, dat Hy nie daar kan wees waar liefdeloosheid heers nie. Alles wat teen die gebod van die liefde ingaan, sal ook `n verkoeling van die goddelike Liefde tot gevolg hê en dus die geeswese self skade berokken, omdat hy daardeur in `n steeds onvryer toestand beland.

By `n mens is die uitwerking van hierdie toestand so dat die mag van die teenstander van God oor hom steeds groter word, dat hy deur hom onder sy wil gedwing word, dat sy denke en handeling steeds so sal bly soos wat hy dit wil, dus steeds teenoorgesteld aan God. En dit is onvoorstelbaar smartlik vir die siel, want sy is nog so ver van haar uiteindelike bevryding af; sy neem die gekluisterde toestand saam in die geesteryk in. Want slegs liefde kan die wese verlos, gevolglik moet die liefdeloosheid vasgebind word. En wie dus liefdeloos is teenoor sy naaste, handel in stryd met die gebod van die liefde en sal daarom nooit vrykom uit die gebondenheid wat die opstand van weleer teen God aan hom gebring het nie.

Daarom het God die mense die gebod van die liefde gegee, wat hulle maar net hoef te doen om daardeur nader aan God te kom en as `n geluksalige wese die geesteryk binne te kan gaan. Die mens kan sondig teen die gebod van die liefde, deurdat hy teen die goddelike liefdesleer handel, of ook handelinge agterweë laat wat uiting gee aan liefde tot die naaste. Die mens moet die naaste nie net behoed teen skade nie, hy moet hom van nut wees, d.w.s., hom alles laat toekom wat vir hom voordelig lyk, dan eers word die verbinding met God tot stand gebring; want na `n liefdevolle mens daal God Self neer en keur hom “Sy nabyheid” waardig.

En dit beteken vir hom geestelike vryheid. Die mens bevry homself uit die mag van die vyand, want die krag van God, wat deur Sy nabyheid oorvloei in die mens in, is sterker as die krag van die teenstander van God. En die mens wat homself deur werke van liefde verbind met die ewige Liefde Self sal dan altyd oorwinnaar bly.

By hom sal die kluistering verbreek word en hy sal vrykom van alle dwang wat die teenstander van God op hom wil uitoefen.

Die gebooie van die liefde kan nie verontagsaam word nie, want dit is die middel wat verlos uit die eindelose lang tyd van kluistering. En dit beteken terselfdertyd die brug wat ons met God verbind. Want wie werksaam is in onselfsugtige liefde, kom daardeur steeds nader aan God en hy oorwin alle verwydering van Hom. Hy vervul die eise van God en sal ook die loon van God in ontvangs mag neem wat daarin bestaan dat God Hom met diegene verenig wat Hom in liefde dien, d.w.s. wie in sy medemens ook skepsels van God sien, aan wie hy goed wil doen. Slegs die onbaatsugtige werksaamheid in liefde het die ewige geluksaligheid tot gevolg, soos omgekeerd die gevolg van liefdeloosheid die verdoemenis is en alles wat ingaan teen God of Sy gebooie, `n onreg is voor God, dus sonde. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205