BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 507

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Bewustelik innerlik luister – Die stem van die gees

3612 Om bewustelik innerlik te luister, bevorder geestelike ontwikkeling tot `n groot mate, want dit stel jou in staat om krag te ontvang vanuit die geesteryk. Dit demonstreer die wil om kontak te maak met die geestelike sfeer, dus met God, en waar hierdie wil bestaan, is daar ook die waarborg dat God naby aan `n persoon sal kom, dat Hy Homself sal openbaar, verstandelik of deur middel van die stem van die gees wat egter slegs gehoor kan word deur `n persoon wat homself voorberei het vir die ontvangs van geestelike gawes. Maar hy sal grootliks geseënd wees, `n bron sal vir hom oopgemaak word waaruit hy voortdurend `n heerlike verfrissende drankie sal kan kry; God sal Self vir hom `n geskenk aanbied wat sy hoër ontwikkeling sal bevorder, want dit kom van God af en is `n middel om die persoon heeltemal te verenig met God. `n Ongelooflike rykdom van genade sal vir hom toeganklik gemaak word, die ewige skatte wat afkomstig is van die geesteryk en wat die persoon saam kan neem na die geesteryk om daar met hulle te werk vir sy eie geluk en vir die redding van ontelbare siele in nood.

Die geestelike rykdom wat ontvang word deur `n persoon deur die innerlike stem, is dikwels so groot dat hy nie in staat is om dit ten volle te verstaan en te gebruik nie, maar hy sal onvoorstelbaar gelukkig wees in die geesteryk, want die omvang van sy rykdom bepaal ook sy aktiwiteit en die graad van sy geluk. Hy het die goddelike gawe uit vrye wil aanvaar, hy het vrywillig gewerk om homself te omvorm om die Krag van die Gees te ontvang, en dit sal deur God geseën word en Hy laat Sy Gees in werking tree in die persoon, Hy voorsien hom met krag en genade, Hy gee hom onbeperkte kennis en lei hom in die ewige Waarheid in. Maar hy kan nooit hierdie heerlike geskenk bied aan `n mens wat niks doen om hom ontvanklik te maak nie, wat versuim om te werk om homself te verbeter, of wat nie bewustelik innerlik luister nie, want die oordra van geestelike rykdom aan hom sal verpligte geloof veroorsaak en die siel teen haar wil laat volwasse word, maar dit sou teen die goddelike orde wees.

God sal geestelik praat met iemand wat in kommunikasie met Hom bly, wat Hom vra en wag vir die antwoord en so ook bewustelik innerlik luister, Hy sal die persoon se gedagtegang in die regte rigting stuur, Hy sal hom onderrig volgens sy geloof en geestelike volwassenheid. Want elke verbinding met God deur gebed of gedagtes wat neig na Hom, maak die hart oop vir die instroming van krag uit die geesteryk, en hierdie persoon kan altyd toegerus word met krag en genade. Hy word `n houer vir die goddelike Gees sodra hy glo in die werking van die Heilige Gees, in God se werking in die mens. Hierdie geloof is die voorvereiste om ontvanklik te word, andersins sal die mens nie bewustelik kan luister na wat die stem van die Gees sê nie. En hierdie geloof word maar selde gevind, gevolglik manifesteer die werking van die Gees maar selde.

Dit is ook die rede vir die mensdom se geestelike ontbering, omdat hulle die bron van lewe ignoreer waaruit hulle altyd in staat sal wees om hulle te verfris en te versterk. Die mens kan nie geestelik volwasse word sonder `n geestelike vloei van krag nie, hy kan nie vorder nie, maar bly op dieselfde stadium van ontwikkeling. Geestelike krag kan slegs vanaf die geesteryk oorgedra word na die aarde en vereis dus `n verbinding tussen die geesteryk en die aarde, wat vrywillig gemaak moet word. Waar hierdie wil afwesig is, is die mense swak, die siele ly geestelik en kan nie hulp ontvang nie. Om hierdie rede maak God gebruik van `n mens wat homself ten volle bewustelik beskikbaar stel as `n bemiddelaar tussen die geesteryk en die aarde, wat met `n diep geloof in God se werking deur die Gees, homself as `n ontvangsterminaal, as `n houer vir die goddelike Gees aanbied, te danke aan sy wil om sy medemens te help en van diens te wees aan God. En so vloei goddelike gawes van barmhartigheid sonder maat na hom, die bron van goddelike wysheid gooi in hierdie houer tot voordeel van almal wat daaruit gaan drink, wat nie die bron van die ewige lewe omseil nie, maar verfris en versterk hulle op hul reis deur die lewe. Hul weg na bo sal `n maklike een wees, hulle sal reis deur vas te hou aan God se hand en dus veilig die doel bereik, want Sy gawe is heerlik en waarborg geestelike sukses vir almal wat dit uit sy hand aanvaar. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205