BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 359

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Geloofstryd, ernstige aansporing om die mense daarop te wys

2880 Daar sal `n groot verlange na geestelike voedsel kom, sodra die aarde se omwenteling plaasgevind het, maar dit sal slegs `n verbygaande toestand wees. Die mense sal aanvanklik, gedrywe deur die groot nood, gewillig wees om die woord van God aan te hoor, wat hulle sal vertroos en versterk. Hulle sal dit vir `n kort tydjie ook as God se woord herken en glo, maar dan tree die wêreld weer met sy eise op die voorgrond en ondertussen vergeet hulle, hulle nood en dus ook vir Hom, wat die nood oor hulle laat kom het.

Hulle denke en strewe sal maar slegs gerig wees op die herstelling van die ou omstandighede en dit sal vir hulle ongemaklik wees om die gebooie te onderhou wat deur die woord van God aan hulle bekend gemaak is. Gevolglik sal hulle ook vyandig optree teen die geloof en Sy volgelinge onderdruk en dit sal die goedkeuring van die mense hê. Slegs `n klein aantal sal vashou aan die woord, slegs weinig mense sal standhou deur alle aanvegtinge en trou bly aan God en hulle geloof.

Tog moet die verlange na geestelike voedsel vooraf in so `n groot moontlike mate vervul word, want God se woord moet aan die mense gebring word waar dit maar moontlik is, sodat soveel mense as moontlik daarvan te wete kan kom, want in die daaropvolgende geloofstryd sal God nog elke mens waarsku. Die gelowiges sal vol krag wees en buitengewone dinge volbring, want hulle sal die krag daartoe put uit hulle diep geloof.

En selfs die ongelowiges sal die krag van hierdie geloof herken, want hulle was al voorheen vertroud gewees met die leer van Christus, sodat baie daarvan nou vir hulle duidelik sal word, want hulle sien nou die bewys van wat aan hulle verkondig was.

God laat geen moontlikheid verbygaan nie en Hy laat geen middel onbeproef nie en waar daar nog redding aan die mense gebring kan word, help Hy hulle, as hulle maar daarvoor gewillig wil wees. Hy sal aan baie dienaars op aarde die opdrag gee om te spreek volgens Sy wil, want dit gaan daaroor om Sy leer te versprei en die mense in kennis te stel oor die komende gebeurtenis.

Die geloofstryd is onvermydelik en sal vorm aanneem soos nog nooit tevore nie en hoe meer die mense getrou sal bly aan hulle geloof, des te brutaler sal die teenstander optree om dit heeltemal uit te roei. Maar die gelowiges sal ook oor groot krag beskik. Hulle sal baie kan verdra, omdat God hulle sal versterk en aan hulle krag sal gee deur Sy woord en omdat Hy steeds met hulle sal wees wat Hom en die geloof bely voor die wêreld.

Dit alles moet julle al vooraf aan die mense verkondig en julle moet hulle wys op die tyd van die geloofstryd. Julle moet vir hulle oor die krag van die geloof spreek en van die krag van die gelowiges, wie vir Jesus Christus Self as Leëraanvoerder het in die stryd teen die wêreld. Daar sal nog baie uit die leër van die teenstander oorloop en gelowig word by die aanskoue van die dinge wat gaan gebeur, want God self sal werke deur Sy dienaars laat doen om hulle nog te red wat hulself nie heeltemal teen Hom verset het nie. Amen.

 

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205