BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 59

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Bereidwilligheid om te skryf – Ontvangs van die lewende Woord - Egtheid

718 Oneindige wyshede word deur die Heer aan diegene gegee wat aan Hom getrou is. Dit neem dikwels jare voordat `n kind wat bereid is om te skryf, weer sy dienste aan die Hemelse Vader bied en dit verklaar ook waarom sulke skrifte vir so lank onvolledig gebly het en dat net die gewillige toewyding van `n nuwe skrywer die oordra van nuwe geestelike kennis moontlik maak. Die wil was goed, en dus volg `n werk wat welgevallig was aan die Heer, want dit gee net so duidelik uitdrukking aan Sy Gees en Sy liefde, selfs al het die bewoording verskillende eienskappe. Enigeen wat die regte betekenis verstaan, herken ook die Heer en heg geen belang aan die skryfstyl as sodanig nie, maar dit is ook raadsaam om dieselfde sorg in die waardebepaling van geestelike sake uit te oefen. Dit moet altyd onthou word dat baie mense waarlik glo om geroepe te wees, maar nie oor die nodige kwalifikasies vir so `n belangrike taak beskik, om net toegewyd en eerlik God se wil te wil vervul nie. Elkeen wat alle pogings sal aanwend om net daarna te streef, sal ook deur die Heer verwelkom word as `n dienskneg.

Om die lewende Woord te ontvang, is ook `n verantwoordelikheid op sigself vir hierdie dienskneg. Hy moet homself voortdurend monitor om seker te maak dat sy wil heeltemal onderworpe is aan die Heer se wil. Hy moet die geestelike kennis sonder weerstand aanvaar en geen persoonlike oordeel hoegenaamd maak terwyl hy dit ontvang nie, en moet alles uit sy hart weghou wat die geestelike krag verswak, hy moet sy hart suiwer hou en homself waardig maak vir `n persoonlike verhouding met die Heer, slegs dan sal hy die Heer se liefde direk ontvang in die vorm van Sy Woord, en slegs dan sal hy in staat wees om heeltemal oortuig te wees van die waarheid van wat hy ontvang en neergeskryf het.

Die sinskonstruksie wat die Heer aan die mensdom gegee het, was te alle tye so bewoord dat dit diepgaande betekenis gekombineer het met verstaanbaarheid, sodat almal wat op soek is na die waarheid en liefdevol aktief is, dit kan herken. Enigeen wat ander motiewe het wat die egtheid van God se Woord en Sy openbaringe ondersoek, sal skaars in staat wees om duidelikheid te vind tot watter mate die skrifte van goddelike oorsprong is. Want elkeen wat poog om in Sy gees te lewe, wie werklik van diens aan Hom en die mensdom wil wees, sal nooit weer nodig hê om die gees van leuens te vrees nie, want sy doel en strewe geld slegs die Heer, en daarom sal die Heer ook hul werk beskerm en nie toelaat dat dit nadelig sal wees vir die mensdom nie. Dus, iemand wat daarna streef om onderhewig te bly aan die Heer se wil, het ook die beste waarborg om in die waarheid te bly, want slegs die gees wat in die Woord is, sal deurslaggewend wees en nie die bewoording op sigself nie. Enigeen wat dus in liefde leef vir die Heer, sal die Heer ook herken as Hy Homself openbaar deur `n menslike mond of skriftelik. Gee altyd net aandag aan wat jou hart aan jou openbaar, naamlik of die ontvange Woord lewe ontsteek in jou hart, of laat dit jou dof en onverskillig en maak dit geen indruk op jou nie. Jou hart sal altyd vir jou sê wat leuen en wat waarheid is, as jy waarheid soek en begeer. En moenie bekommerd wees dat die Vader sal toelaat dat jy valsheid ten prooi val nie, Hy is, na alles, Self die Waarheid en wil dit altyd aan mense gee en sal dus ook nie toelaat dat die mense wat God liefhet, dwaal nie. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205