BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 182

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Gemeenskaplike diens aan God

1814 Gemeenskapsdiens aan God kan inderdaad aan die wil van God beantwoord wanneer alle mense gelyktydig deur `n diepe verlange beweeg word om die goddelike Heer en Verlosser te kontak en elke persoon ook bereid is om God te dien. Maar die mense neem gewoonlik slegs `n gebruik waar, `n gewoonte wat oor geslagte heen bewaar gebly het, gevolglik is dit nouliks `n innige behoefte. `n Daad wat werklik vir mense van enorme belang moes wees, het roetine geword. Die mense berei hulself slegs intellektueel voor om kontak met God te maak, d.w.s. hulle probeer om hul gedagtes op te hef na Hom, maar betrek nie hul harte daarby nie. Die kontak met God moet egter uit die hart kom. Om met God te verenig, is die toestand wat die mens se enigste doel tydens sy aardse lewe moet wees, want dan het hy in homself die gevoel gewek dat hy aan God behoort, uit Wie hy voortgekom het. Hy was egter nooit geskei van die Oerkrag nie, maar het dit nie besef nie en het so ver verwyder gevoel, terwyl die bewuste vereniging met God die skynbare skeiding sal oorbrug en die wese sal homself herken as ewig verbind met sy Skepper. Wanneer ware gelowiges bymekaarkom vir `n gemeenskaplike diens, sal hul verenigde gebed die Hemelse Vader bereik en dit sal vir God aangenaam wees.

Maar wanneer mense sonder diepgaande godsdienstige geloof bymekaar kom, slegs vir die vervulling van tradisionele vereistes, sal hul gedagtes dikwels dwaal en `n diepe gevoel van nabyheid aan God sal onbereikbaar wees. Die mens sal sekerlik `n poging aanwend om die Woord van God te ontvang, maar dit sal ook meer met die oor gehoor word as met die hart en sal slegs geestelik voordelig wees as die persoon poog om dit in praktyk te bring. Maar gewoonlik is die mens tevrede met hierdie kort periode van gemeenskaplike kerkdiens en glo om hul plig te gedoen het, deur teenwoordig te wees, d.w.s. om God in die openbaar te erken. Maar God heg geen waarde aan uiterlike handelinge nie, Hy evalueer slegs die verlange van die hart na Hom. En `n hart wat na Hom verlang, skenk geen aandag aan tyd en formaliteite nie, dit sal kontak met Hom maak wanneer dit ookal aangespoor voel om dit te doen. Dit sal God soek weens sy innerlike begeerte en nie om die wêreld `n bewys van sy geloof te gee nie. En dus is die belangrikste die opregtheid van die kontak tussen die mens en sy Skepper en `n gemeenskaplike diens aan God is `n gemeente van ten volle godvrugtige mense, wat die wil van eenwording met Hom in hul harte herberg. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205