|
BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE BERTHA DUDDE
Hoofstuk 22
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511. |
|
|
Die uitspansel
205 O My kind, besigtig die uitspansel - wanneer dit straal in die prag van sy sterre - nie een daarvan is onafhanklik van die Wil van die Skepper nie, nie een daarvan kan sy baan anders laat gaan as wat die Heer dit bepaal het nie. Alle gelowiges verneem die roep van God as hulle die wonder van die heelal aanskou. Die Vader huisves nou wesens in groot getalle op elkeen van hierdie sterre en so sal julle `n idee kry van die oneindigheid van die heelal, van die ontelbare geestelike wesens wat onderworpe is aan Sy Wil en van Sy onophoudelike bestuur van en werksaam wees vir al hierdie wesens wat almal `n deel is van die ewige Lig.
O, julle kan nie glo hoe onbegryplik dit vir julle mensekinders is nie, julle kan by benadering geen begrip vir julle daarvan vorm nie; anders sou die kolossaalheid, die omvang van die gebiede van die hiernamaals julle laat beswyk. Dog, elke kleinste gebeurtenis word deur die Vader Self gelei, vir elke kleinste wese word volgens Sy Wil gesorg en ontelbare hoogsontwikkelde geestelike wesens staan Hom by om alles uit te voer wat voorkom in die plan van die goddelike skepping.
Woorde is nie by magte om dit vir julle van naderby toe te lig nie, julle kan julle slegs deemoedig buig voor die grootte en die almag van God, in julle situasie op aarde is julle tot niks anders in staat teenoor die geweldige besef nie. Het God julle die barmhartigheid gegee om insae te neem in slegs die kleinste deeltjie van Sy bestuur, in Sy ryk en Sy werksaamheid, dan het julle slegs al daardeur `n onmeetlike seën ten deel geval, want `n kind wat ver weg staan van so `n geestelike belewenis, geval dit aansienlik swaarder om `n sigbare werksaamheid van God te aanvaar, solank hy nie by magte is om in elke kleinste gebeurtenis maar net die Wil van God te sien nie. Amen.
Iets oor die Grootte en konstruksie van die heelal
Om `n maatstaf of meting te hê wat die geweldige afstande tot uitdrukking bring waarmee mens in die heelal te make het, is die begrip ligjaar ingevoer en ingestel as die afstand wat lig in een jaar sou aflê. Aangesien die snelheid van lig bereken is as 300,000 km/sek, het `n ligjaar die lengte van 9500,000,000,000 km.
Die aarde het `n omtrek van ongeveer 40,000 km en sy afstand tot die son is 149,5 miljoen km. (dit is ruim 8 lig minute) Die maan (gevorm uit bestanddele van die aarde) het `n omtrek van byna 11,000 km. Dit is +1 384.000 km (ruim 1 lig sekonde) van die aarde verwyder.
Ons son is die naaste ster, dit het `n omtrek van byna 44 biljoen km. Dit is een van die hemelliggame uit ons melkwegstelsel en is +130,000 ligjare verwyder van die sentrum daarvan. Die son vorm, saam met sy omliggende planete met hulle eventuele mane en nog baie miljarde kleiner voorwerpe soos komete, meteoriete en dies meer, ons sonnestelsel.
Van die melkweg sien ons snags baie helder weer die binneste deel as `n bleek ligtende band teen die hemel, bestaande uit miljoene sterre met hulle planete. Saam met die daarbuite nog voorkomende “sterrehope en miljarde sterre” het die stelsel `n diameter van so `n 100,000 ligjare.
Die nog veel verder waarneembare sterre en sterrestelsels het afstande tot ons van baie miljoene ligjare. Steeds word daar nog nuwe gebiede ontdek met opeenhopings van sterre wat reusagtige kragte uitstraal, sterre met `n gesamentlike massa van +1,100 biljart maal die van die son, d.w.s., die 100,000 voudige van ons Melkweg, die lengte van so `n super stelsel sou dan +1,500 miljoen ligjare wees. Die diameter van die heelal word deur die wetenskap momenteel geskat op plus minus 10 - 20 miljard ligjare. Steeds word weer nuwe ontdekkings daarin gedoen: Sterre-Melkwegstelsels - groepe van melkwegstelsels - nog weer hoëre stelsels, gevorm uit groepe Melkwegstelsels, met `n onvoorstelbare omvang, snelheid en aantrekking. Dit alles gee aanleiding tot die huidige modelle om die ontstaan van die heelal te laat wankel: Superstelsels van sodanige omvang dat dit miljarde ligjare groot moet wees.
En so val die wetenskaplike raaisel oor die samestelling van die heelal in plek deur die openbaringe daaroor deur die profeet Jakob Lorber en ontvou hy die beeld wat God Self vir hom gegee het: `n Steeds hoër ordening vanuit dieselfde beginsels: Hemelliggame draaiend om “hulle” sentrale son, wat in baie gevalle `n volume het, wat duisend tot 10 miljoen maal so groot is as die volume van die daarby behorende hemelliggame wat weer uit hierdie sentrale son ontstaan het.
En so kry ons dan:
1) Die aarde en die ander planete uit ons sonnestelsel draaiend, met hulle mane, om die son.
2) Miljarde sulke sonnestelsels (sonne met hul planete) vorm saam `n sonne gebied (=Melkwegstelsel), draaiend om hulle middel son.
3) Miljoene van sulke sonne gebiede beweeg om hulle sentrum en vorm `n sonne-heelal.
4) Weer `n miljoen van hierdie sonne heelalle, sirkel om hul sentrale son en maak nou `n sonne-super heelal uit.
5) `n Ontelbare menigte sonne-super-heelalle swerf in groot bane om die oersentrale son, die “oereerste van alle sonne en wêrelde” in ons heelal.
Dikwels onmeetlike snelhede en reusagtige aantrekkingskragte hou al die stelsels telkens in ewewig en al hierdie stelsels en hulle sentrale sonne vorm saam die ‘heelalsfeer’, `n onmeetlike bol met `n eie ordening en lewe. Vir ons is hierdie onmeetlike groot heelalsfeer, soos wat die Heer sê: “Eintlik maar net `n enkele punt in My groot skeppingsruimte”, waarin die baie miljarde heelalsfere, weer op oneindige groot afstande van mekaar, saam die wêreldmens vorm, waarvan elke wese apart en tog ook weer almal saam op weg (moet) wees na die Vader, aangesien die verlossingswerk van Jesus Christus geld vir alle tye en ruimte.
Dit is God se Woord, wat hierdie hele skepping laat ontstaan het om ons val in die diepte op te vang, wat ons ook weer tuisbring, in die Lig van God se Gees.
En as julle dan lees dat hierdie wêreldmens minder as niks is in vergelyking met die hemelmens, wat ook weer `n deel is van die volgende hemel ensovoorts, dan verdwyn die idee van die oneindigheid totaal deur sy volkome onvoorstelbaarheid. Dan stel julle, julleself in die Hand van God en weet julle telkens dat slegs die “nou” belangrik is en dankbaar dat dit julle plek is in die oneindigheid. G.F.K.
|
|
|
|
|