BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 57

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Gebrek aan selfkennis - Eieliefde - Hardkoppigheid

706 Let op die woorde wat vandag aan jou gestuur word: Die bitterste toestand van die lewe word veroorsaak deur die mensdom self, wat met hulself in voortdurende onvrede lewe en wie die genade van God nie vir hulleself afsmeek nie, waardeur hulle bevry sou word van die druk wat hul beswaar. Steeds beskou hierdie mense hul eie toestand so beklaenswaardig en loop hulle steeds meer vas in somber gevoelens. En hulle hele bestaan is uiteindelik net nog `n grenslose verbittering en dit sonder werklike rede. Hulle eieliefde is te sterk ontwikkel om dit self te oorkom en in die lot van ander mense sien hulle veel eerder die vervulling van die lewe. En so bly `n regverdige beoordeling altyd iets vreemds vir hierdie mense. Hulle wys alle redelike oorwegings af en het so `n baie moeiliker lewe deur eie hardkoppigheid, want met goeie wil sou die lewe vir hulle baie makliker gewees het.

Die lewe self is so leersaam en gee so veelvuldig houvas, wanneer dit maar korrek benut word en toevlug geneem word in alle geestelike nederigheid tot die werksaam wees in liefde, omdat dit as te ware vereffening tot stand bring en die hart verbly. En wanneer die eie persoon laaste gestel word, val al die swaar vanself van die mens af en vind hy die vervulling van die lewe in die werksaam wees vir ander. Die doel van die lewe is tog altyd net die volwassewording van homself, om afstand te doen van die vervulling van eie wense en `n voortdurende bereidwilligheid om diensbaar te wees. Hoe meer die mens homself laaste kan stel, des te vryer sal sy geestestoestand word en hoe meer dikwels hy hom oefen in selfoorwinning, des te sterker word sy wil en die werk aan homself bring `n veredeling van die hele geestelike tot stand. Steeds sal daar dan net rekening gehou word met die welsyn van sy medemens en die pynlike toestand wat die mens kwel, verdwyn en dit wek die wil op om in aksie te kom. Dit is heelwat makliker om die wêreld te oorwin as homself. Die mens wil nie erken dat hy die veroorsaker van sy eie toestand is nie. Hy soek altyd die oorsaak elders as by homself en dit is sy fout.

Waar selfkennis ontbreek, kan hulp moeilik gebring word, want waar moet die hefboom dan aangebring word? Wie net op ander kritiek wil uitoefen, maar nooit op homself nie, sal die hoofsonde moeilik insien. Hy sal homself altyd beklaenswaardig vind en nie die wil opwek om sy toestand te beëindig, wat hom nog terneerdruk nie.

En so is daar maar een ding met die korrekte uitwerking op so `n gemoed: om hom in alle liefde opmerksaam te maak op sy verkeerde instelling teenoor die lewe, die lewe wat die mens self moet baasraak en waardeur hy hom nie moet laat oorheers nie, wat egter telkens die geval is wanneer hy onder die druk van sy stemming ly en dit hom geen uitweg gee nie. Waar die wil is, is ook die daad en dit bevry die mens van alle onheil. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205