BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 247

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Strengste maatreëls - Vreesloos praat –

Sterk wil

2193 Dit vereis sterkdenkende mense om goddelike openbarings vreesloos te versprei, want alles wat geestelike vordering aandui, naamlik wat hierdie openbaringe ten doel het, sal lei tot die felste teenmaatreëls en oorlog sal verklaar word teen elke geestelike strewe. Daarbenewens is goddelike openbarings ongeloofwaardig vir die mens, so lank as wat hulle hulleself nog in geestelike duisternis bevind. Elke boodskap van die geestelike koninkryk vereis `n element van geloof om sonder aarseling aanvaar te word. Waar geloof nie bestaan nie, sal dit verwerp word en pogings sal aangewend word om teen die draers van die lig te veg, wat maar net goddelike Wysheid wil oordra. Mense sal die verspreiding van die waarheid wil verbied en vir hierdie doel byna onuitvoerbare wette maak en `n besluitelose persoon sal toegee aan hierdie wette en sy samewerking van God weerhou.

goddelike liefde wil egter hê dat die waarheid versprei moet word. Dit poog om mense te lei na hierdie kennis en om hierdie rede word die kennis deur `n persoon aan hulle onthul. Maar hierdie persoon moet die inligting wat hy gehoor het deur die barmhartigheid van God en Sy gees ook vreesloos versprei. Want sodra hy waardig geag word om hierdie buitengewone barmhartigheid te ontvang, word sy weg na bo makliker, maar hy het ook die taak om sy medemens die weg te toon wat na bo lei, dit wil sê, om die goddelike barmhartigheid ewe toeganklik te maak vir hulle. Dus moet hy praat en probeer om dit wat hy ontvang het, deur geestelike bemiddeling oor te dra. En dit verg moed ten opsigte van die wêreldse owerheid, selfs al moet die verkondigers van die goddelike Woord alle aardse gesag erken, mits dit nie openlik teen God se gebooie gekant is nie.

Enigeen wat probeer om volgens hierdie gebooie te leef, sal ook kan herken watter wêreldse maatreëls geregverdig is al dan nie, en hy sal weet watter wette om eerste te hou. Die verkondiging van die goddelike openbarings aan hierdie mense sal nie onsuksesvol wees nie. Hulle sal aanvaar word as gevolg van die bestaande geloof in `n God van liefde, barmhartigheid, wysheid en almag. Maar waar geen geloof bestaan nie, sal die aanspraakmaker van die Woord met die swaard van sy tong moet veg en mag hy nie bang wees indien hy aangesê word om op te hou praat nie. Hy word benodig as `n middelaar tussen God en die mensdom en hy moet hierdie posisie as `n bemiddelaar getrou administreer. Hy moet die Woord wat hy ontvang het, onvermoeid deurgee en alles noem wat aan hom geopenbaar is, want dit is noodsaaklik dat die mensdom uit sy sluimering ontwaak en dat hulle die inligting gegee word oor God se ooglopende werking, wat gebaseer is op Sy liefde vir die mensdom wat naby aan hulle geestelike ondergang is. Dit is die mense wat Hy wil red en uit die duisternis na die lig lei, Hy bied Sy barmhartigheid aan hulle en laat dit aan hulle oor om hulself daarmee vertroud te maak. En hierdie gawe van barmhartigheid moet vreesloos genoem word, want dit is God se wil. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205