BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 174

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Stryd teen die leer van Jesus – Vervolging van hulle wat Hom bely

1762 Dit is onbetwisbaar beter om jouself voor die wêreld openlik vir die kerk van Jesus (die innerlike kerk) uit te spreek as om die teenstander terwille te wees en Jesus te verloën, want wie magtig is in die wêreld, het tog nie die mag om dit te stop wat God teen hom sal stuur nie.

Wie ookal vir Jesus Christus verloën, die verloën vir God, selfs al spreek hy Sy Naam uit om sy geloof te bewys, want as hy diep gelowig is, sal hy ook die Godheid van Jesus erken, want dan leef hy in die liefde en die liefde erken Jesus as die Seun van God en Verlosser van die wêreld. Hierdie insig is `n gevolg van `n diepe geloof, terwyl ongeloof die mens onbekwaam maak om die Godheid in Jesus te erken. As Jesus Christus dus verwerp word, is die bewys van die ongelowigheid van die mense ook gelewer en sulke mense behoort aan die wêreld, wat hulself openlik teen Jesus Christus opstel. Die wêreld sal vereis dat hulle om Hom heeltemal verwerp, want hulle wil nie meer dat Sy Naam genoem word nie. Hulle wil elke herinnering aan Hom uitwis en die komende geslagte in onwetendheid opvoed. Hulle wil alles vernietig wat op Hom betrekking het, om sodoende `n einde te maak aan die kennis oor Hom en Sy dade. En sodoende sal die stryd ontbrand.

Die wat Hom volg, sal Sy Naam verdedig en Hom bely voor die wêreld en vol vuur oor Hom en Sy leer spreek. Hulle sal terwille van Sy Naam vervolg word, maar tog die vervolging geduldig verdra. Hulle sal krag van Bo ontvang, sodat hulle Sy leer des te yweriger sal verkondig, hoe meer hulle bestry word. Die Krag van God sal sigbaar met hulle wees en Sy liefde sal hulle behoed, sodat die magtiges van die wêreld sal moet insien dat hulle mag nie daarteen opgewasse is nie. Hulle sal moet insien dat daar Een Magtige is, Wie se werke duidelik te sien is.

Dit sal hulle woedend maak en hulle sal probeer om met alle middele hulself as waar te bewys en om hulle wil af te dwing, maar hulle sal deur God se Hand getugtig word, want wanneer die mens homself aanmatig om teen God Self te wil opstaan, plaas Hy hom geheel en al in die mag van die teenstander en so maak God `n einde hieraan. Daar sal dus `n tyd kom waarin wet na wet uitgevaardig sal word en die mense voor die keuse gestel sal word om hulself uit te spreek, vir of teen Jesus. Die aanhangers van die wêreld sal Hom prysgee terwille van ydele loon, hulle sal wel aardse voordele verwerf, maar hulle siele daarvoor verkoop. Baie sal dit prysgee wat eintlik hulle Heiligste besitting moes gewees het, naamlik die goddelike Verlosser en Heiland van die wêreld.

Maar die wat terwille van Sy Naam vervolg sal word, sal duisendvoudig geseënd wees, want Hy sal Self naby hulle wees. Hy sal hulle Leier wees in hul stryd en waar Hy die “Leëraanvoerder” is, daar sal die oorwinning ook wees.

Selfs wanneer dit lyk asof die planne van die teenstander sal slaag, sal dit tog bedrieglik wees, die stryd sal maar van korte duur wees en die wat vir die Naam van Jesus sal stry, sal oorwin. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205