BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 423

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Gebed en dade van liefde is wapens teen verleiding

3285 Julle kan maklik die prooi van die mag van die bose word as julle traag word met gebed en dade van liefde. Want hy lê en wag vir enige swakheid om julle te laat val. Hy gebruik elke geleentheid om julle sondig te maak en hy sal sekerlik slaag as julle nie die krag het wat julle deur gebed en dade van liefde bekom nie. Julle moet daarom nooit veilig voel nie, want die vyand van julle siele sal ook na julle toe kom in die vermomming van `n vriend, hy sal probeer om julle oor te wen om `n maklike spel met julle te hê. En as julle nie oplet nie, sal julle hom te laat herken en julleself nie meer kan beskerm teen sy sluheid en misleiding nie. Gebed sal julle egter teen sy mag beskerm, want dan vestig julle `n verbinding met God, julle rig `n ondeurdringbare verskansing op teen die bose.

Hierdie verbinding met God kan ook gemaak word deur onselfsugtige dade van liefde, wat die krag van God direk aan julle sal gee en dan hoef julle die teenstander nie meer te vrees nie. En hierdie kontak met God deur gebed en dade van liefde moet nooit nagelaat word nie, selfs as `n persoon blykbaar nie `n behoefte aan krag het nie. Want die vyand van siele sal nie maklik sy skandelike planne opgee nie en wat hy nie vandag kan bereik nie, sal hy more probeer, totdat die voortdurende verleidings die persoon so verswak het, dat hy hom met byna geen weerstand sal oorgee, indien die krag van God nie na hom toe sal stroom nie. Maar die mens kan te enige tyd `n innige gebed na God stuur en dit sal altyd verhoor word, want God sal geen mens se siel aan Sy teenstander oorgee nie, want Hy worstel ook vir elke siel om haar vir Homself te wen. Derhalwe sal daar geen tekort aan krag van Hom wees nie, op voorwaarde dat die wil van die persoon dit moet aanvaar. Maar as die persoon `n swak wil tot weerstand het, dan het die teenstander sy spel gewen.

En die Heer waarsku julle om hom nie toe te laat om mag oor julle te kry nie, om julle nie aan hom te oorhandig deur onvriendelike dade nie en om nie te vergeet om kontak met God te maak deur gebed nie, want dan sal julle julle aardse lewe self moeiliker maak, omdat julle julleself voortdurend sal moet verdedig en nie die krag sal hê om dit te doen nie. Die lewe is `n eindelose stryd, want die lig veg voortdurend teen die duisternis en om die duisternis te verslaan, het die mense goddelike hulp nodig, goddelike krag, wat hy in oorvloed deur gebed en dade van liefde sal ontvang. En dit is waarom julle altyd paraat moet wees, want Satan se spel van misleiding is gevaarlik en hy sal oorwin, indien die mens in sy strewe omhoog verslap. Wees daarom waaksaam en bly bid en die teenstander van God sal altyd weerstand ervaar, want dan sal julle God Self as julle getrouste beskermer hê, Wie julle nooit aan die vyand van julle siele sal oorgee nie. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205