BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 462

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Leed as genadegawe

3422 Die eindtyd vol genade word nie deur die mense as sodanig herken nie, want hulle is nie op hoogte van die seën van lyding nie, hulle weet nie dat leed ook `n genade is nie, waardeur die siel wat haarself ver van God bevind, nog gered kan word en dat sy ewiglik nie haar bestemming sal kan bereik, indien sy nie die afstand tot God verklein deur werke van liefde nie. En die werksaamheid in liefde kan die gevolg van groot lyding wees. God gee dan die mense die geleentheid om hulleself in die liefde te oefen, want die leed neem dan ’n vorm aan waardeur die medemens tot werke van liefde aangespoor sal word, indien hy nie volledig verhard is nie.

Wat `n mens nie vanself sou doen gedurende `n tydperk van geordende verhoudings nie, kan hy tog nog uit innerlike aandrang verrig by die aanskoue van oorgrote nood. Hy kan die lot van sy medemens na hom toe aantrek en hom helpend bystaan, die vlammetjie van die naasteliefde kan in hom ontsteek word en dan sal sy siel die grootste voordeel uit die aardse nood kan trek.

Ononderbroke is God daarop bedag om die siele te lei na nog hoër volwassenheid, of om hulle in die toestand te plaas, sodat die omhulsel van hulle siele sal oplos, sodat hulle voor die einde van die (laaste) dag minstens in die toestand van insig die ryk hierna sal kan ingaan, of dat hulle uit eie aandrang sal aansluit by die klein gemeente wat tot aan die einde sal volhou in die geloof in Jesus Christus, die goddelike Verlosser. As die mens sy doel deur leed bereik, dan was leed vir hom die laaste redding gewees, want dit was genade wat nog kort voor die einde aan hom verleen was. Want sonder leed sal hy in die toestand bly waar hy ver van God verwyderd sal wees, omdat die liefde nie in hom werksaam geword het nie.

Die middele wat God sal aanwend om die siele van die mense te help, sal kort voor die einde besonder skerp moet wees, indien dit nie sonder uitwerking sal wees nie. En in hul geestelike blindheid sien die mense maar net die skerpte van sulke middele, egter nie die seën daarvan nie. Maar dan word hulle deur werke van liefde in `n helder toestand verplaas en dan het hulle tot die skare van stryders van God toegetree en dan kyk hulle vol dankbaarheid op die dae van hul liggaamlike nood terug, hulle sal dan die sin en die seën van die lyding insien en sal dan ook die Liefde van God sien, Wie steeds bedag is op die algehele rypwording van onvolmaakte siele.

Die tyd tot aan die einde sal nie meer lank wees nie, maar die mense is nog so geestelike laag ontwikkel, dat hulle `n aansienlike langer tyd nodig sal hê om dit in te haal. Gevolglik sal hulle `n skool moet deurloop waarin hulle vinniger volwasse moet word, sodat hulle by elke lewensproef sal kan standhou indien hulle elke geleentheid benut. Hulle sal `n louteringsvuur moet deurstaan, die omhulsel van hul siele sal gesmelt moet word deur leed en liefde, dan sal dit moontlik wees om hulself in hierdie kort tydjie nog te vervolmaak, sodat hulle aan die einde tot diegene sal behoort wat sal stry vir God. En dan sal die ewige saligheid vir hulle verseker wees. En hoe vroeër `n mens die liefde uit vrye wil beoefen, des te makliker te dra sal die laste vir hom voorkom, want wanneer die eintlike doel deur leed bereik is, des te vroeër die mens homself dus van die genade bedien het, des te vroeër sal die leed van hom afgeneem kan word.

So sal die barmhartigheid van die eindtyd eers in die geesteryk goed ingesien kan word, want op aarde het die mens as sodanig nie hierdie insig nie en hy sien ook nie die groot geestelike nood in nie, hy weet nie in welke gevaar hy verkeer as hy faal nie en watter vreeslike gedagte dit is om nogeens `n ontwikkelingsperiode te moet deurmaak nie. Hierdie insig sal eers in die geesteryk vir hom beskore wees en dan sal hy dankbaar wees vir alle hulp wat hom in die vorm van lyding op aarde ten deel geval het. Dan eers sal hy insien welke mate van genade God die mense op aarde gegee het en dat dit nooit sonder leed moontlik sou wees om hierdie doel te bereik nie. Maar solank as wat hy op aarde leef, word daar vir hom geleentheid gebied om sy siel hoër te ontwikkel en so lank staan die genade hom ook ter beskikking.

En leed is een van die grootste genadegawes, dit is die mees werksame middel om die mens op te voed om aktief te raak in die liefde. En daarom sal God die middel aanwend vóór die einde kom, om nog siele te wen vir Sy ryk, om hulle te help, sodat hulle nie vir ewig verlore sal gaan nie. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205