BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 208

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Selfmoord - Lot in die hiernamaals

1951 Die weg van die vlees moet tot die einde geneem word en elke wese moet ook die beliggaming as mens ervaar. Die voorafgaande aardse weg kan nie doelbewus verkort of onderbreek word nie. Maar in die stadium van vrye wil sal die mens sy vrye wil kan gebruik en daarom ook sy aardse lewe as mens willekeurig kan beëindig sonder om verhinder te word. Maar die gevolge van sulke inmenging in die goddelike wil is verskriklik. So `n persoon was nog onvolwasse, hy het nog niks herken nie, anders sou hy nie hierdie stap geneem het wat hom van `n groot seën beroof het om sy karakter te verbeter nie, sodat God Self sy lewe kon beëindig. Nietemin sal hy in die hiernamaals bewus raak van sy ellendige daad en sy selfverwyt sal onbeskryflik wees.

As dit die wil van God is om `n lewe te beëindig, ongeag of die persoon nog jonk is en nie gereed is vir die ewigheid is nie, dan sien God die noodsaak daarvan in en die beëindiging van die aardse lewe is `n daad van genade, óf om gevaar vir die siel te voorkom, óf om die siel `n geleentheid in die hiernamaals te bied om haar toestand van volmaaktheid in `n korter tyd te bereik. Die gedwonge beëindiging van die lewe is egter geestelik `n groot stap agteruit, want die siel is skielik sonder krag om haarself te verbeter en is afhanklik van die genade van die ligwesens of mense, d.w.s. as hulle nie gaan help nie, sal sy vir ewig op dieselfde vlak van onvolmaaktheid bly. Die siel sal dit eers in die hiernamaals moet besef en dit sal `n onbeskryflike toestand van selfverwyt teweegbring. Maar as die siel gewillig is, sal sy elke geleentheid nuttig gebruik om behulpsaam te raak, maar haar stryd sal so moeilik wees dat dit nie met woorde beskyf kan word nie. By wyse van spreke, moet sy haar aardse lyding, waarvan sy wou ontsnap, in die hiernamaals bly dra; dieselfde dinge wat sy wou weggooi, bly nog aan haar vasklou en kwel haar geweldig.

Maar tog is God nie sonder genade nie, selfs nie vir `n siel wat Sy wil verontagsaam het nie, mits die siel nie heeltemal hardnekkig is nie. Na `n tyd, wat vir die siel blyk `n ewigheid te duur, sal sy ook take in die hiernamaals gegee word wat haar situasie sal verlig. En dan sal sy haar wil weer moet gebruik. As sy instem om lydende siele in die hiernamaals te help, sal sy spoedig `n duidelike verbetering in haar omstandighede opmerk. Maar dit kan eers na die tyd wees wat God vir haar aardse lewe aangewys het, dus het sy na alles nie met haar eie wil haar aardse weg verkort nie en moet nog in hierdie treurige toestand ly in die hiernamaals, wat sy op aarde ondraaglik gevind het, totdat God medelye aan hierdie siel toon.

So was haar inmenging in die goddelike wil heeltemal sinneloos; sy het haarself beroof van die genade om haarself op aarde te vervolmaak, maar het op geen manier die beproewing van haar aardse bestaan beëindig nie. Derhalwe is so `n siel bejammerenswaardig, want dit sal `n lang tyd neem totdat sy verlos is en die bewuswording dat sy die seën van God verwerp het, is vir so `n siel so kwellend, dat sy in `n droewige toestand in die hiernamaals verkeer. Sulke siele het veral behoefte aan die gebede van mense. Slegs die liefde van mense op aarde kan hul kwellinge verlig en hulle krag gee om hul lot te verbeter deur hulle wil te gebruik, in soverre as wat die siel in die hiernamaals bereid is om van diens te wees en daardeur, na `n blykbaar eindelose lang tyd haar liglose omgewing te verander, wat begryplik haar aandeel (lot?) moet wees, totdat sy deur die liefde en die genade van God gered word. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205