BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 440

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Natuurramp – Goeie en slegte mense sal ten prooi val

3348 In die uur van hul grootste nood sal baie mense tot God roep, maar nie elke roep sal uit die hart kom nie, want die gevaar waarin hulle sal wees, sal hulle van hul denkvermoë ontneem, en so sal hulle God bloot met hul lippe aanspreek en na hulle gebed sal nie geluister word nie. Slegs hulle wat in staat sal wees om hul gedagtes aan Hom te stuur, al is dit net vir `n paar oomblikke, sal deur God bygestaan word, hetsy deur hulle te red van `n liggaamlike nood, of deur nog genade te verleen aan hulle siele voor die einde.

Die dood moet nie altyd as die grootste ramp gesien word nie, want as `n persoon wat die dood in die gesig staar, sy weg daardeur na God gevind het, was dit `n doeltreffende middel vir sy verlossing gewees, wat meer waardevol is as die behoud van die liggaamlike lewe in geestelike duisternis.

En daarom sal talle mense binnekort hul lewens verloor, deels as `n waarskuwing aan hul medemens en deels ter wille van hul eie geestelike nood. Maar regverdige mense, wie se lewe tot `n einde gekom het volgens God se wil, sal ook weggeroep word van hierdie aarde. Want waar God Self herkenbaar is, waar die natuurkragte, wat aan God onderhewig is, in beroering raak, daar is Sy wil bepalend wie hierdie gebeurtenis ten prooi sal val. Ryp en onryp siele sal hierdie aarde moet verlaat, maar as `n siel God voor haar dood herken het, is haar hoër geestelike vooruitgang in die hiernamaals verseker en sal die beëindigde aardse lewe slegs `n seën vir haar gewees het.

En die aardse nood sal groot wees en sal aan almal nog die moontlikheid bied om die pad na God te vind, want die natuurgebeure sal homself vooraf aankondig. Buitengewone tekens sal dui op `n buitengewone gebeurtenis, sodat elke mens homself nog sal kan besin, en deur sy medemens in kennis gestel kan word van die hoogste Gesag, die Beheerder van hemel en aarde, sodat hy nog die tyd en geleentheid sal hê om met Hom te verbind in innige gebed.

Maar dan sal die mensdom se afstand van God geopenbaar word, want slegs weinig sal Hom aanneem, slegs weinig sal na Hom draai vir beskerming en hulp in hul vrees en benoudheid. Die meeste van hulle sal Hom verwerp, bewustelik en onbewustelik, hulle sal die skouspel van die natuur volg, steeds met die hoop dat dit spoedig sal eindig en daarom sal die uur van benoudheid hulle des te ernstiger tref, omdat hulle heeltemal verlate sal voel, aangesien alle geloof by hulle sal ontbreek. Maar baie van diegene wat ver van God staan, sal bly lewe en vir wie God steeds die geleentheid gaan bied om naderhand to insig te kom.

Goeie en slegte mense sal hulle lewens verloor, en goeie en slegte mense se lewens sal gered word, want hierdie natuurkatastrofe is nog nie die skeiding van die geeste nie, maar slegs `n laaste waarskuwing voor die finale oordeel, waaruit alle mense voordeel vir hul siele moet kry.

Maar dit staan hulle vry hoe hulle hierdie laaste waarskuwing gaan benut. Hulle kan tot insig kom, vóór of na die rampspoedige nag, maar hulle kan ook bly vashou aan hulle ou denke en dus sal die groot gebeure geen indruk op hulle siele maak nie. En so sal die mense wat God vyandiggesind is, naderhand aktief poog om alle geloof in God te vernietig, en hulle sal hierdie natuurramp gebruik as die sterkste bewys dat Hy nie bestaan nie. Hulle sal as die grootste ontkenners van God na vore kom uit `n gebeurtenis wat bedoel was om hulle tot geloof terug te bring. En daarom sal die stryd openlik ontbrand tussen diegene wat sterk en getrou geword het, as gevolg van hierdie gebeurtenis en diegene wat dit oorleef het, ten spyte van hulle ongeloof. En so sal alles die einde tegemoetgaan, nadat die mensdom nog ’n kort tyd van genade verleen is tot by die laaste oordeel. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205