BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 467

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Troos en Krag in die grootste nood deur God se Woord

3448 Welke genade en krag daar van God se woorde sal uitgaan wat in Sy Liefde na die aarde gestuur word, sal julle in beangste ure ondervind, omdat julle dan meen om van die hele wêreld afgesny te wees en slegs met God deur gebed in verbinding kan tree. Dan sal Hy in Sy Liefde tot julle spreek en sal aan julle krag besorg, Hy sal julle begelei en vir julle sorg en Sy woord sal vir julle voldoende spys en drank wees, totdat daar hulp na julle toe kom. Geen mens sal julle die troos kan inpraat wat julle uit Sy woord sal toestroom nie, want met Sy woord sal julle Hom ook self in julle nabyheid bemerk en julle gelowig aan Hom toevertrou. En wanneer julle Sy woord sal hoor, sal alles anders sy verskrikking vir julle verloor, want Sy Liefde sal tot julle spreek, Sy Vaderhand sal julle vasgryp en sal julle nie meer laat val nie.

Sy woord sal vol van mildheid en goedheid wees, dit sal julle hoop gee en julle sal dit as waarheid herken en daarom sal alle vrees en angs ophou, omdat julle Hom nou sonder beswaar vertrou. Hoe groter die aardse nood sal wees, soveel nader sal God aan julle wees, as julle Hom maar net wil aanroep. Hy sal julle nie verlaat nie en Hy bring dit tot uitdrukking in Sy woord, wat julle onophoudelik sal mag verneem, regstreeks of deur tussenpersone, indien julle ’n verlange daarna sal hê. Want die verlange sal deur God vervul word. Hy sal julle nie sonder geestelike spys laat nie, Hy sal nie die bron sluit waaruit die lewende water stroom nie, Hy sal julle beskerm teen vernietiging, Hy sal nie toelaat dat Hy deur die menslike wil gedemp word sodat die bron gaan opdroog wat Sy erbarming in volle Liefde geopen het vir julle wat honger en dors het, wat wegkwyn in nood aan liggaam en siel en na lafenis verlang nie.

En dus daal God Self in die woord na die aarde tot Syne, wanneer alle toegang tot julle deur mense ontsê is. Dan sal Hy by julle wees en julle sal ryk gawes uit Sy Vaderlike hand kan ontvang, julle sal liggaamlik en geestelik versterk word en as julle alle aardse hoop opgegee het en julleself slegs aan God alleen oorgee, neem Hy julle lot self in Sy Hande en Hy sal julle red uit alle nood. Want Sy Liefde sal julle omvou, soos wat Hy iedereen omvou wat sy toevlug tot Hom neem in gebed. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205