BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 275

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Lewensomstandighede volgens graad van volmaaktheid van die siel en voorkennis daarvan

2330 Die genade van die beliggaming as mens word eers aan die siel verleen wanneer sy bereid is om hierdie laaste weg te gaan, dus wanneer haar wil daartoe besluit. Sodra die wese die gang van die ontwikkeling afgelê het in alle voorafgaande beliggamings, het sy daardeur die graad van volmaaktheid bereik wat die voorwaarde is vir die laaste beliggaming as mens. Hierdie is egter ook verskillend en daarom word verskillende lewensomstandighede ook in die laaste stadium vereis. En die wese - die deur eenwording van verskillende substansies geskape siel - word die aardse bestaan voor die gees gestel wat sy sal moet deurmaak met die doel om definitief vry te word. En sy word nog steeds met die vrye keuse gelaat of sy die weg op aarde wil gaan of nie.

Heeltemal bewus van haar taak op aarde, neem sy nou die aardse bestaan op haarself, bereid om in hierdie toestand elke weerstand te oorkom om haar te bevry uit die vorm. Sy is ook op hoogte van die lot wat sy het om te verduur, maar sy sien net die uiterlike lewensomstandighede, nie haar geestelike ontwikkelingsgang nie, en voel sterk genoeg om die aardse lewe baas te raak. In ooreenstemming met haar toestand van volmaaktheid, wat nie tevore in die mees verskillende skakerings bereik kon word nie, maar wat steeds `n beliggaming as mens toelaat, is die aardse bestaan nou vir haar beskore. Dan is haar bestaan meer of minder droewig en ontsettend. Want die laaste geleenthede vir die siel om heeltemal volwasse te word moet so aangebied word, dat sy in hierdie kort aardse bestaan kan omvorm tot `n ligwese as sy dit benut. Maar steeds sal haar lewensomstandighede so wees dat sy geleentheid sal hê om aktief te wees in liefdeswerk. En haar hele volwassewording sal daarvan afhanklik wees in hoeverre sy haar lewe met werksaamheid in liefde sal vul. In alle lewensomstandighede sal geleentheid daarvoor gebied word. Ook die mens by wie dit aan kennis ontbreek, wat dus niks weet oor die gevolge van sy lewe in die ewigheid nie, kan hulpvaardig en dienswillig wees.

Die siel hoef net te kies vir goed of kwaad op aarde en dit kan sy in elke lewensituasie, ook in die mees primitiewe omstandighede. Maar die aardse omstandighede is bepaal deur haar ontwikkeling in die voorstadia. As die siel tevore buitengewoon impulsief was, dan moet sy in die aardse bestaan teen haar aandrifte veg en het die daarvoor ooreenstemmende lewensomstandighede nodig waarin die siel ontslae kan raak van hierdie aanklewing. Die siel word op geen manier benadeel in haar vermoë om haarself positief te ontwikkel nie, ofskoon dit lyk of die aardse toestande vir haar hinderlik is. Die teenwerkinge wat die aardse bestaan vir elke afsonderlike mens oplewer, moet oorwin word. En baie siele het groter teenwerkinge nodig en daarom is die uiterlike lewensomstandighede so aan hul toebedeel, soos wat dit vir hulle van nut sal wees. God is op hoogte van die ontwikkeling van elke siel by haar beliggaming as mens. Hy ken ook die krag van haar wil en Sy liefde probeer vir elke siel die ontwikkelingsgang maklik te maak. Span die siel haar dan in om elke moontlikheid te ontgin, dan sal haar voorbestemde lot ook maklik gedra kan word.

En God sal haar lewensweg verkort, sodra sy haar inspan om geestelik volwasse te word. God se liefde bring die mense so saam, dat hulle mekaar kan dien, dat die een die ander kan leer, dat die een die ander kan gee wat hom ontbreek. En so word geestelike gawes ook vir elke mens aangebied, al is dit ook in die mees verskillende vorms en mate. Maar steeds sal dit wat aangebied word, voldoende wees om hom die regte pad te wys wat hy moet gaan. En slegs sy bereidwilligheid sal deurslaggewend wees watter voordele sy siel daaruit haal. Die wete dat daar `n God bestaan, word ook vir alle mense aanneemlik gemaak en as dit nie van mens tot mens oorgedra word nie, dan sal die geestelike wesens werksaam wees en sal hom leidrade gee deur middel van gedagtes. En steeds word dit net aan hom oorgelaat om geestelike gawes aan te neem al dan nie, dus om dit wat aan hom as gedagte of deur mense oorgedra word, te glo of af te wys. En omdat God elke mens verstand en `n vrye wil gegee het, is hy ook verantwoordelik vir hoe hy beide benut.

Elke goeie wil word deur God herken en daaraan beantwoordend word hulp aan hom verleen. Hierdie hulp het hom tevore al ten deel geval deur eindelose tye heen. En die wese weet ook al voor die beliggaming dat die krag en liefde van God haar sal bystaan. Maar die aardse bestaan moet afgelê word, sonder enige herinnering daaraan, om die vrye wil van die mens nie in gevaar te bring nie. Maar geen siel word beliggaam sonder om op hoogte te wees van haar weg oor die aarde nie. En met intense wil neem sy hierdie laaste beliggaming op haarself, met die verlange om beslis vry te raak van elke uiterlike vorm. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205