BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 273

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Waarheid - Afwykings - Misvorming

2320 Uit die Bron van die Waarheid kan almal put wat wil drink. God ontsê niemand die dorslawende drank nie en dus sal hy wie daarna verlang, waarheid mag ontvang. Maar God se Wysheid sien ook vooruit op welke wyse die ontvange geestelike lering wat uit die Bron van die Waarheid geput word, gebruik sal word en dit bring Hom daartoe om die waarheid so nou en dan versteek te gee, sodat dit nie misbruik sal word nie, dat dit dus nie die menslike wil verswak en hy dan tekortskiet, of passief word nie, terwyl daar eers `n bepaalde doel bereik moet word.

Dus kan `n mens kennis ontvang wat volledig ooreenstem met die waarheid en dit tog vir homself nie heeltemal begryplik is nie, omdat volledige duidelikheid daaroor hom anders sou laat optree as wat dit vir sy positiewe ontwikkeling bevorderlik sal wees. Tog bevind die mens hom in die waarheid. Sy aandag is slegs op die aardse effek daarvan gerig, terwyl slegs die geestelike ontwikkeling deurslaggewend is.

As die mens egter die kennis in ontvangs geneem het, deur die regstreekse onderrigting van God, dan kan die kennis in hierdie opsig geglo word, as dit slegs na die aarde gestuur was om die mens opheldering te gee, om hulle dus met die waarheid vertroud te maak. Dan word die kennis so aangebied dat dit duidelik uitsluitsel gee oor belangrike vrae en probleme waarop God die mense graag antwoord wil gee. En diegene wat dit kry, sal nooit `n onduidelike onderrigting in ontvangs neem nie, want dit is God se Wil dat dit lig word in die siel van die mens. Gevolglik sal slegs die mens wat oor `n helder verstandelike denke beskik, bestem wees om die waarheid in ontvangs te neem, wie die goddelike onderrigting dus nie in sy gedagtes sal vervals of onduidelik deurgee nie.

In baie gevalle sal daar meningsverskille ontstaan en dan moet diegene die kennis verdedig wat regstreeks na hom toe gekom het, want sodra geestelike leringe in die besit van mense oorgegaan het, is dit nie meer veilig teen misvorming nie, dus vir veranderinge deur die menslike wil. En so kan die suiwere waarheid in `n werk dus ook nie meer aanwesig wees waar mensehande aktief was in die verspreiding daarvan nie. Want dit is nie altyd verligte mense aan wie hierdie arbeid toevertrou word nie en daarom is daar niks ongewoon daaraan dat daar onreëlmatighede te vinde sal wees nie, dus klein afwykinge in teks of vorm deur diegene wat die goddelike openbaringe vir die mensdom toeganklik gemaak het. Dit is egter van geen belang nie, solank daar nie `n heeltemal ander betekenis daaruit voortkom nie.

Maar God waak oor die waarheid en gee die ernstige soekende mens wat die waarheid begeer, ook die begrip om dit te herken wat nie ooreenstem met die suiwer waarheid nie. Want God Self is die Waarheid en gevolglik kan daar van Hom niks uitgaan wat in stryd is met die waarheid nie, slegs die mens kan iets anders opvat, omdat die krag van sy insig nog gebrekkig is. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205